Blog

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Gansbaai Pharmacy

As jy ooit getwyfel het oor jou werkskollegas se gewoontes rakende persoonlike higiëne, moenie verder lees nie! ’n Opname het bevind dat ’n verstommende 62 persent mans nie hulle hande was nadat hulle by die toilet was nie. En hoewel die vroue effens beter as die mans gevaar het, het 40 persent erken dat hulle ook hierdie vuil gewoonte het.

Die opname, wat onder 100 000 mense gedoen en deur ’n kleedkamerdiensmaatskappy uitgevoer is, is die grootste ontleding van handewasgewoontes wat nog ooit gedoen is. Vroue het effens beter handewasgewoontes as mans, aangesien 60 persent hulle hande was nadat hulle by die toilet was, teenoor slegs 38 persent van die mans.

Die navorsingsmaatskappy wil nou tegnologie aanwend om mense van hulle eie gewoontes bewus te maak sodat hulle hulle wasgewoontes kan verbeter. Hulle het ’n produk bekendgestel wat behels dat daar sensors op die badkamers se deure en seephouers geplaas word om te moniteer hoeveel mense die badkamer gebruik en na die tyd hulle hande was. Die anonieme data word dan in reële tyd op LCD TV-skerms in die badkamer vertoon. Werkers het hulle gedrag verander nadat hulle die data gesien het.

Handewas-koerse het binne twee dae nadat die data vertoon is tot 90 persent gestyg, voordat dit op 80 en 85 persent gestabiliseer het. Die produk is by verskillende tipes besighede gebruik, soos in die onderwys, kantoor- en winkels, asook ander sektore waar goeie handhigiëne noodsaaklik is.

’n Vorige studie het bevind dat nadat die toilet besoek is, ’n persoon gemiddeld 200 miljoen bakterieë per vierkante duim (6,25 cm2) op elke hand het. Mense kan dan die bakterieë verder na hulle hande of monde oordra,
asook na deure, sleutelborde en telefone. Dit beteken dat kantoorwerkers daagliks met ’n gemiddelde van 10 miljoen bakterieë in aanraking kom. Navorsers in die VSA het verlede jaar beklemtoon hoe belangrik dit is om ’n mens se hande te was, aangesien hulle bevind het dat ’n virus binne twee tot vier uur deur ’n kantoor kan versprei.

Jy En Die Toilet - Was Jy Jou Hande?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Embracing True Happiness: Finding Peace Within

Can you experience pure happiness in this moment, without any external factors affecting it?

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Jaarlikse Ope-dag Bonanza Visvangkompetisie

Die boothengelkompetisie van 30 April 2024 wat deur die bestuur van die Birkenhead Boothengelklub gereël is, verskil so 'ietwat' van die klub se gewone maandelikse kompetisies.

Gans-Berg Nuus / News
Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Empowering Entrepreneurs with Grootbos Foundation Mentorship

Exciting update from our Entrepreneurship Programme and Enterprise Development at Grootbos Foundation!

Grootbos Foundation
Transform Your Business Space with Paint

Transform Your Business Space with Paint

Paint plays a pivotal role in setting the tone and ambience of commercial spaces, from cosy cafes to bustling stores and elegant restaurants.

Join Us in Protecting Pearly Beach!

Join Us in Protecting Pearly Beach!

The Pearly Beach Ratepayers Association works to keep Pearly Beach beautiful and safe.

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
See All Articles