Blog

Hoe Ver Trek Jou Nies?

Hoe Ver Trek Jou Nies?

Gansbaai Pharmacy

’n Hewige nies trek baie verder as net tot by die persoon wat langs jou sit. Erger nog - ’n nies het die potensiaal om in die lug te bly hang en ’n luggedraagde siekte te veroorsaak.

Wanneer iemand hewig nies of hoes, stel hy ’n gaswolk vol vloeistof of druppeltjies vry. Vorige wetenskaplike bevindings dui daarop dat klein druppeltjies nie so ver trek soos groot druppels (wat ook tydens ’n nies vrygestel word) nie, aangesien ’n groter druppel beteken dat daar meer momentum is. Dit is egter nie wat navorsers bevind het nie.

Hulle het bevind dat klein druppeltjies tot 200 keer verder as groter druppels trek (dink sentimeter teenoor meter) - en hulle kan onbepaald in die lug bly sweef. Sou hierdie druppeltjies byvoorbeeld naby ’n lugversorger sweef, kan dit van gebou tot gebou trek. Jy kan siek word sonder dat jy noodwendig met die gasheer in aanraking kom. Alle niese is egter nie eenders nie. Selfs wanneer jy uitasem, stel jy ’n gaswolk klein druppeltjies vry. Die probleem kom voor wanneer daardie gas patogene van ’n virus- of bakteriële infeksie bevat.

Wanneer jy siek is, onthou om jou mond en neus met ’n snesie te bedek. Geen snesie nie? Nies of hoes in die kromming van jou elmboog, nie in jou hande nie. Wanneer jy in jou elmboog nies, kan jy die wolk opbreek en die aantal druppeltjies verdeel sodat hulle nie so ver trek nie.

Om meer uit te vind, kontak Gansbaai Pharmacy vandag.

Hoe Ver Trek Jou Nies?

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles