Blog

6 Wenke om verkoue en griep te vermy

6 Wenke om verkoue en griep te vermy

Gansbaai Pharmacy

Griep en die gewone verkoue is asemhalingsiektes wat deur verskillende virusse veroorsaak word. Daar is honderde verkouevirusse wat enige tyd van die jaar ’n verkoue kan veroorsaak. Daar is minder griepvirusse.

Hoewel griep die algemeenste tydens die griepseisoen voorkom, kan jy dit enige tyd van die jaar opdoen. Ongelukkig kan ’n mens nie griep en ’n verkoue op ’n betroubare manier van mekaar onderskei deur bloot na die simptome of die tyd van die jaar te kyk nie.

Komplikasies van griep en verkoue sluit in keelontsteking, longontsteking, brongitis, sinusinfeksies en oorinfeksies. Tekens van hierdie komplikasies sluit in ’n hardnekkige koors (meer as 38,3 grade Celsius vir langer as drie of vier dae by volwassenes), pyn wanneer jy sluk, ’n aanhoudende gehoes (wat langer as drie weke aanhou), aanhoudende stuwing (kongestie), en hoofpyn (wat langer as ’n week duur). Mense met chroniese gesondheidsprobleme soos vetsug, asma, diabetes en hartsiekte kan bykomende komplikasies ervaar.

Tuisbehandeling vir ’n gewone verkoue sluit in dat jy genoeg rus kry en baie vloeistowwe drink. By ouer kinders en volwassenes kan toonbankmedikasie soos suigtablette, spuitstof vir die keel, hoesdruppels en hoesstrope die simptome help verlig, hoewel dit nie die gewone verkoue sal voorkom of dit verkort nie. Om met soutwater te gorrel, kan diegene met ’n seer keel help. Ontstuwingsmiddels soos pseudo-efedrien of antihistamine kan vir neussimptome gebruik word, terwyl soutwater-neussproeie ook kan help. Parasetamol en ibuprofeen kan met koors, ’n seer keel en ’n seer lyf help.

Mense wat elke dag aan verkoue- en griepkieme blootgestel word, soos ons apteker, weet ’n ding of twee oor hoe om gesond te bly wanneer almal rondom hulle siek is. Hulle voorstelle kan jou ook help.

  • Laat jou teen griep inent - Dit is die beste ding wat jy kan doen om griep te voorkom.
  • Was jou hande - baie - Maak nie saak watter soort werk jy doen nie, as jy in aanraking kom met mense wat jou kan aansteek, moet jy jou hande oor en oor was. Was jou hande so veel as wat jy kan, en dan nog meer - veral nadat jy iemand besoek het wat siek is. Dit klink so eenvoudig, maar seep en water is die konstante metgeselle van alle aktiewe gesondheidskundiges.
  • Gebruik ’n handreiniger met ’n alkoholbasis - As jy nie by seep en water kan uitkom nie, kan die reiniger verkoue- en griepkieme doodmaak.
  • Moenie te naby kom aan mense wat siek is nie - Moet hulle byvoorbeeld nie met die hand groet nie.
  • Hou jou omgewing skoon - ontsmet sleutelborde, die rekenaarmuis, deurknoppe en ligskakelaars.
  • Probeer om ’n gesonde leefstyl te handhaaf - Dit is belangrik dat jy na jou eie gesondheid moet omsien. Doen in elk geval al die dinge wat ons almal op 'n daaglikse basis behoort te doen. Kry genoeg rus - wat mense onderskat - kry goeie voeding, moenie rook nie en hou jou allergieë onder beheer, want as dit buite beheer is, is jou boonste lugweë reeds ontsteek, wat dit makliker maak om 'n virus op te doen.

Kontak Gansbaai Pharmacy vandag om meer uit te vind.

6 Wenke om verkoue en griep te vermy

Gansbaai Pharmacy

Gansbaai Pharmacy has been taking care of locals and visitors to the greater Gansbaai area since 1994. The pharmacy stocks everything from prescription medicine to beauty products. A convenient day clinic run by qualified nursing staff is an added service the chemist offers its clients. The pharmacy...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

The Leadership Shift That Changes Everything

The Leadership Shift That Changes Everything

One day, you will look back on this season.

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

New Fynbos Discoveries and Chelsea Flower Show Prep

Your Feelgood Friday starts with news of an exciting little plant that was spotted by a member of our Conservation Research team.

Grootbos Foundation
Gans-Berg News - 15 May 2026

Gans-Berg News - 15 May 2026

From community upliftment to local sport and inspiring personal stories, this edition is packed with heartwarming Overstrand news.

Gans-Berg Nuus / News
Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Recent Functions Catered by Thyme & Lime

Thyme & Lime has been bringing people together with delicious catering and beautifully prepared meals.

Thyme & Lime
Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

Power Crisis in Overstrand Sparks Petition Against Eskom

As the official DA Mayoral Candidate for Overstrand in the 2026 elections, I have taken note of the plight faced by residents across the Overstrand...

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

Feisty Predator’s “Heels” Under the Microscope

This week, the raised 'heels' of a feisty predator were under the microscope light.

Grootbos Foundation
See All Articles