Lydenstyd: Aswoensdag

Lydenstyd: Aswoensdag

NG Kerk Gansbaai

Lydenstyd: Aswoensdag

Vandag is Aswoensdag. Die begin van Lydenstyd. Hierdie jaar gaan Dr Lisel Joubert ons help om gereeld op die pad tot Pase vir 'n paar oomblikke stil te raak en te dink oor lyding deur kort oordenkings. Die lyding van die kruis, maar ook ons eie lyding. Hou die blad dop oor die 40 dae.

ASWOENSDAG (Dr Lisel Joubert)

Dit is Aswoensdag. Die begin van Lydenstyd. “Stof is jy en tot stof sal jy terugkeer”. Ons kan dit lees as futiliteit, downright depressing of as ‘n stuk verwondering. Het God nie vir adam uit die adamah gemaak nie? Die mens uit die grond, die aarde en met liefde aanmekaargeweef soos ‘n pottebakker klei vorm. Baie intiem en dan sy asem in hom ingeblaas. In sy slaap vir hom ‘n helper gevorm en saam met hulle gewandel in die tuin. Die stof/aarde/klei is eintlik die storie van ons oorsprong, maar dit is ook ‘n verhaal van verwondering. Die iets wat gemaak is uit min. As ons dan terugkeer stof toe is dit ook deel van die verwondering, deel van die nuwe skepping wat gebeur na ons dood. Dit is juis in die verwondering wat ons nietig voel en skielik besef dat alles wat ons op roem niks is. Alles wat is is iets wat deur die hand van God gegaan het. Lydenstyd ook uitnodiging om net te kan praat oor al die sleg en sonde, die dinge wat jy saamdra, wat jou keer om voluit te wees. Tyd van intree vir alles en almal, al die woede, haat, seerkry, stukkendheid. Ons het lydenstyd nodig om weer heel te word.

Vir meer inligting kontak NG Kerk Gansbaai.

Lydenstyd: Aswoensdag

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles