Lydenstyd

Lydenstyd

NG Kerk Gansbaai

n Uitnodiging tot afhanklikheid

Deur die eeue het gelowiges tydens lydenstyd gevas - hulleself iets ontneem. In sekere tradisies was daar dan spesifieke eetgewoontes en is daar weggebly van vleis, olie en wyn. Vas moet egter baie breer verstaan word. Ons word uitgenooi om van iets afstand te doen vir die 40 dae. Nie omdat ‘n reël is nie, nie omdat ons wil bewys hoe sterk ons wilskrag is nie, nie omdat ons God se guns wil wen nie, maar om juis bewus te word van ons habits en onvryheid. Eers as ek my 11-uur koffie los kom ek agter hoe vas ek daaraan is, dat ek nie so vry is as wat ek dink nie. Ek begin besef hoe groot my afhanklik van God werklik is, dat ek nie my eie verlossing kan uitwerk nie en dat ek niks is sonder sy genade nie. As ek nie my 11-uur koffie kan los nie, hoe dink ek gaan ek my jaloesie, my vasklou aan my besittings kan oorgee en laat gaan? Eintlik - tong in die kies - is ons skerms moeiliker om te los as ons koffie. Vas in al sy moontlikhede was nog nooit ‘n moet nie, maak my nie ‘n “beter” Christen nie, maar lydenstyd is wel ‘n ruimte in die kerkjaar wat as ek kies om die uitnodiging te aanvaar my tog kan leer van afhanklikheid en genade, my tog kan laat groei in my kennis van myself en God. En miskien kom ek agter dat die ding wat ek gelos het, ek miskien nie eers weer wil terughe nie. Joan Chittister skryf: “We don’t have enough time to waste time on nothingness.”

Lydenstyd

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles