COVID-19 Virus

COVID-19 Virus

NG Kerk Gansbaai

COVID-19 Virus

Na aanleiding van die presidensiële rede gelewer 15 Maart 2020 het die dagbestuur op 16 Maart 2020 vergader.

Daar is verskeie besluite geneem rakende die werklikheid van die COVID-19 virus. Die dagbestuur is van mening dat ons nie die besluite neem vanuit ‘n plek van vrees nie, maar dat ons eerder as gemeente wil deel wees van die oplossing. Dit beteken dat ons in ons normale omgang die verspreiding wil probeer bekamp sodat die mees weerlose onder ons na die beste van ons vermoë beskerm word. Ons vra dat die gemeente ons hierin sal ondersteun, dat u uself sal beskerm, ander se vrese sal respekteer en dat ons steeds as kerk diensbaar sal wees tot mekaar.

Die volgende besluite is dus geneem:

1. Pearlybeach basaar word voorlopig uitgestel (nuwe datum sal deurgegee word).

2. Gansbaai Basaar word voorlopig uitgestel(nuwe datum sal deurgegee word) Ons vra wel dat daar steeds voortgegaan sal word om produkte vir die mark in te samel.

3. Die Vrydagmark word onmiddellik gestaak. Daar sal weekliks heroorweeg word wanneer die mark weer oopmaak.

4. Ons is baie hartseer dat ons die gesamentlike diens(saam met die VGK) van 29 Maart moet kanselleer.

5. Daar sal 22 en 29 Maart en 5 April dienste wees in beide die kerk sowel as in die saal. Hierdie dienste sal geskied met die volgende reëls.

a. Ons vra ons bejaardes en mense met gesondheids probleme, om hul eie gesondheid eerste te stel en die bywoon van eredienste ernstig te heroorweeg.

b. Ter wille van die kommer, van ander rondom u, vra ons dat alle persone wat nie gesond is nie, nie die dienste sal bywoon nie. Selfs as jy weet dat jy nie die gevreesde COVID-19 virus het nie.

c. Ons vra dat persone wyd uitmekaar sal sit. Daarom word voorsiening gemaak vir 2 dienste sodat die wat bywoon vir mekaar sowat 3m spasie kan gee.

6. Weens die groot getalle wat tydens Paasnaweek eredienste bywoon word beide dienste sowel as die nagmaal afgestel. Die Paaskunsuitstalling sal wel

plaasvind. Dit geskied in die vorm van Die stasies van die kruis en dit sal ‘n meditatiewe aard hê. Die getalle wat deurbeweeg sal gereguleer word en julle is welkom om

Vrydag en Sondag op die normale kerktye die uitstalling te kom geniet sowel as op ander tye wat later geadverteer sal word.

Ons moedig ons gemeente aan om in hierdie tyd juis te fokus op ons diensbaarheid as kinders van die Here en dat ons ‘n kalm teenwoordigheid sal wees midde in die paniek rondom ons.

COVID-19 Virus

Ds. Hanri Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles