21 Dae en 21 Psalms

 21 Dae en 21 Psalms

NG Kerk Gansbaai

 21 Dae en 21 Psalms

Kry vir jou notaboekie/scrapbook en kryte van alle kleure. Rig ‘n spesifieke tyd in die dag hiervoor in.

 
DAG 1 - PSALM 1

1. Word stil. Haal diep asem. Maak jou oë toe. Word bewus van jou lyf (van toon tot kroon).

2. Skuif jou fokus na jou gehoor (ore). Wat hoor jy alles of wat hoor jy skielik nie?

3. Maak jou oë oop. Kyk na die kleure in die vertrek asof jy dit vir die eerste keer raaksien.

4. Dank God vir 5 dinge in die hier en nou.

5. Lees Psalm 1 hardop en stadig deur - sommer 3 maal (as jy ander vertalings tot jou beskikking het, lees hulle ook).

6. Watter woord of frase staan vir jou uit? (geen reg of verkeerd nie)

7. Skryf daardie woord/frase op in jou boekie of op ‘n stuk papier en trek ‘n sirkel om dit.

8. Skryf al die assosiasies wat jy het met die woord binne die sirkel neer.

9. Tree in gesprek met God oor die woord of frase.

10. Hou die woord/frase heeldag op jou tong en herkou dit en voor jy gaan slaap skryf jy weer op papier gedagtes wat bygekom het of plak ‘n prent wat jy die dag raakgesien het wat jou daaraan laat dink het.

Onthou in die Psalms is die regverdiges nie mense sonder sonde nie. Die Psalms praat van mense wat God nie in agneem nie, nie tel nie, as goddeloos en regverdiges is sondaars wat tog God ag in hulle lewe. (Mindful of God vs Forgetful of God)

[Direkte Vertaling vers 1-3, ek verander ook hierin “hy” na “sy” vir bietjie inklusiwiteit:

"Gelukkig is die mens

wat nie die raad van die goddelose

mense volg,

nie op die pad van sondaars staan

en nie in die byeenkoms van die spotters sit nie,

maar wat vreugde in die wet van

die Here vind

en sy wet dag en nag prewelend opsê.

So iemand sal wees soos ‘n boom

geplant langs watervore,

wat haar vrugte op haar tyd gee

en waarvan die blare nie

verdor nie.

Alles wat sy aanpak, gedy.”

 21 Dae en 21 Psalms

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles