Gebed tydens die afsondering

Gebed tydens die afsondering

NG Kerk Gansbaai

Gebed tydens die afsondering

Here, Drie-Enig, as ons bid

kan ons net by een plek begin en dit is U

want wat U is, vra ons U om vandag en môre en oormôre vir ons te wees:

Skepper, wat getrou is aan dit wat U intiem gevorm het soos ‘n pottebakker klei,

Wewer, wat ons aanmekaargeweef het in die skoot van ons moeder,

Trooster wat ons bemoedig met U stok en staf in die dal van doodskaduwee,

Groen Sipres onder wie ons skuil, met ons rug teen U, veilig en gewortel

Moederhen wat ons roep en wie se vlerke plek het vir almal,

ons weg, ons begin en einde, die een wat saamstap en dra,

ons ma, wat raaksien wat diep in ons harte aangaan,

ons herder en gasheer wat vir ons genoegsaam is,

die balsem wat ons heel maak, liggaam en siel,

ons verlosser wat ons herinner dat die bose, sonde en dood nie die laaste sê het nie maar net die liefde,

wysheid wat ons in die tye van onsekerheid leer sif wat om te lees en wat om nie te lees nie, wie om na te luister en wie om voor doof te wees;

ons vriend wat sy lewe afgelê het sodat ons nou reeds die ewige lewe het wat oorspoel in ons lewens,

wees U wat meer is nog as dit ons genadig en seen ons dorp, land, kontinent, aarde en heelal tot U eer, AMEN

Gebed tydens die afsondering

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles