21 Dae 21 Psalms: Dag 4

21 Dae 21 Psalms: Dag 4

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 4

1. Word rustig, haal diep asem.

2. Fokus op jou gehoor (wat hoor jy?) vir ‘n rukkie en skuif jou fokus na reuksintuig (wat ruik jy?).

3. Omstandighede dwing ons om stadiger te lewe. Kom ons omarm dit. David Benner in sy boek “Soulful Sprituality” skryf: “Multitasking is an enemy of presence, as is efficiency. Give yourself permission to be inefficient. Practise doing only one thing at a time for periods of time every day”. Oefen om teenwoordig te wees, want God is ten volle in die nou en hier teenwoordig.

4. Lees Psalm 15 meer as een keer rustig deur.

5. Die oomblik as ons etiese riglyne lees dan weeg ons of onsself of ons dink aan ander wat ons dink oortree. Probeer om nie een van die twee dinge te doen nie. Lees weer die Psalm en hoor God se hart.

6. Teken ‘n hart op papier en binne in wat jy hoor God wil (bv. God wil nie dat iemand seergemaak word deur ‘n ander se woorde nie).

7. Dink bietjie oor die volgende stelling: “In ‘n tyd van krisis en onsekerheid is ons so angstig en selfgerig dat ons maklik vergeet dat liefde ons opdrag bly ten spyte van omstandighede”.

8. Dank God dat deur sy liefde aan ons geopenbaar in Jesus Christus en sy vryspraak ons nou sy woonplek is. Hy is nooit ver nie. Vra God se Heilige Gees dat ons verlang om Liefde te wees vir ons medemens.

[Direkte Vertaling, vers 1]

“Here, wie mag ‘n gas wees in U tent?

Wie mag tuisgaan op U heilige berg?]

21 Dae 21 Psalms: Dag 4

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles