Blog

Lydenstyd: Wie is God?

Lydenstyd: Wie is God?

NG Kerk Gansbaai

Wie is God?

Dit kan gebeur dat in ‘n tyd van onsekerheid of lyding ons verhoudingsprobleme ontwikkel. Ek bedoel nie nou met die mense wat nou saam met jou in die huis is nie (dit kan ook gebeur). Ek praat nou oor die verhouding tussen jou en God. Skielik wonder jy of Hy die God is wat jy altyd verwag het Hy moet vir jou wees in ‘n moeilike tyd. Hy doen nie wat Hy moet doen nie (ons wil so graag superhero God hê wat alle krisis net wegvat), of Hy voel so ver weg. In Galasiers herinner Paulus die gemeente dat hy gekies is om ‘n geheimenis bekend te maak. Die geheimenis skryf hy vir hulle is: “Christus is in julle. Hy is julle hoop op heerlikheid.” Hy herinner hulle dat hulle aan Christus verbonde is en dat die volle wese van God in Christus beliggaam is (Kol 1: 27; 2: 6, 9). Willem Nicol in sy boek “Oop vir die oomblik” verwys na die Middeleeuse teoloog Bonaventura wat geskryf het: “God se sentrum is oral en sy omtrek nêrens.” Deur die eeue het gelowiges nog altyd figuurlik van moeilike tye as woestyntye gepraat. Woestyne is plekke waar ons gestroop word van dinge wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Woestyntye is egter ook tye van groei en ontdekking. Miskien moet ons verby ons default Godsbeeld gaan, daarvan gestroop word en oop wees vir nuwe ontdekkings oor die God in wie ons leef beweeg en is en wat Homself aan ons kom wys het in Jesus.

Lydenstyd: Wie is God?

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles