21 Dae 21 Psalms: Dag 5

21 Dae 21 Psalms: Dag 5

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 5

1. As jy toegang het tot You Tube, kyk of jy die Taize lied “Bless the Lord my soul” kry, word rustig en luister daarna. Of enige ander musiek op CD ens, vir so 5 minute.

2. Fokus op elke liggaamsdeel afsonderlik en voel of jy kan agterkom waar jy spanning het. Haal diep asem en “stuur” jou asem daarheen.

3. Dank die Here vir enige vyf mense in jou lewe vanoggend.

4. Lees stadig, woord vir woord, deur Psalm 19.

5. Die eerste deel gaan oor die hemele/skepping wat getuig oor God se grootheid. Die tweede deel (vanaf vers 8) handel oor die woord/wet van die Here. Skryf al die woorde neer wat die wet/woord van die Here beskryf volgens die Psalm.

6. Kies een woord of frase van al die beskrywings en skryf dit oor in ‘n “vir/aan my” sin, bv “die bevele van die Here bring aan my blydskap” (vers 9).

7. Memoriseer hierdie frase wat jy neergeskryf het en herhaal dit ‘n paar keer deur die dag vir jouself.

8. Gaan slaap vanaand met die gebed in vers 15 “Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aaneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser”.

[Direkte Vertaling:

9) Die opdragte van die Here is reg, dit maak die hart bly; die gebod van die Here is suiwer, dit verhelder die oë.

15) Laat die woorde van my mond, en die bepeinsing van my hart vir U aanvaarbaar wees, Here, my Rots en my Verlosser.]

21 Dae 21 Psalms: Dag 5

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles