21 Dae 21 Psalms: Dag 9

21 Dae 21 Psalms: Dag 9

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 9

1. Word rustig. As jy inkleurboek het, kleur bietjie in. Jy kan ook “mandala to colour in” uitprint van die internet af. Kies kleure met jou nie-dominante hand terwyl jou oë toe is, sodat jy nie so “in beheer” is van die kleure van jou prent nie. Raak bewus van die dringendheid in jou terwyl jy inkleur, iets soos: “ek moet seker iets anders doen”, ignoreer dit, haal diep asem en kleur verder in (so 15-20 minute).

2. Waardeer dit wat jy nou geskep het.

3. Lees Psalm 37 rustig deur. Dit is ‘n langerige Psalm so moenie haas nie.

4. Wat klink vir jou bekend soos jy die Psalm lees? (Iemand het gesê: “The more personal the more universal”, dit beteken hoe meer iemand vanuit sy eie persoonlike ervaring skryf hoe meer kan iemand daarmee assosieer. Dit is hoekom die Psalms vir ons so lewend bly, want dit klink so bekend).

5. Hierdie is ook ‘n Akrostiese Psalm soos gister se Psalm 25, die verskil is net dat elke tweede vers met ander letter van die Hebreeuse alphabet begin (bv 1, 3, 5, ens).

6. Lees vers 4 meer as een keer hardop deur:

Daar is lied wat ons sing wat so klink: “Verlustig jou in Hom en Hy sal jou gee die begeertes van jou hart…”, Die NRSV vertaal dit met: “Take delight in the Lord and He will give you the desires of your heart”. Lees dit saam met die eerste Vraag en Antwoord van die Westminster Confession wat as volg lei (skryf gerus vers 4 en die woorde langs mekaar neer):

Vraag: What is the chief end of man? (oud engels vir wat is die hoofdoel/roeping van die mens).

Antwoord: To glorify God and enjoy Him forever.

7. Hoe laat dit jou oor jou lewe dink as jy hoor dat jy geroep word om God te geniet?

8. In die tradisie van Geestelike begeleiding na aanleiding van die werk van Ignatius van Loyola is een van die belangrikste vrae wat ons moet beantwoord: “Wat is jou diepste begeerte?” (What is your deepest desire?). Sit vandag met die vraag.

9. Miskien kan twee dinge jou help met die vraag:

Augustinus het geskryf mens word wat jy begeer (you become what you desire).

Ignatius het geskryf dat jou diepste begeerte dit is wat God in jou hart geplaas het.

10. Maak ‘n wilsbesluit om jou in God en God se skepping te verlustig ten spyte van.

21 Dae 21 Psalms: Dag 9

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles