21 Dae 21 Psalms: Dag 10

21 Dae 21 Psalms: Dag 10

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 10

1. Gaan sit vandag op ‘n ander plek. Raak rustig en kyk na jou situasie as te ware vanuit ‘n ander hoek. Wat let jy op?

2. As jy kan/wil kyk op You Tube vir die sanggroep U2 se lied “40”, dit is toonsetting van die eerste verse van die Psalm. Luister daarna. Miskien meer as een keer.

3. Lees Psalm 40 stadig deur.

4. Soos baie Psalms beweeg die Psalms deur ‘n klomp emosie. Ons verstaan nie noodwendig die oorspronklike konteks nie, Dawid was baie keer in gevaar en diep bewus van politieke vyande. Baie anders as ons lewe. Tog hoor ons sy hart en ons hoor ons eie hart. Lys 5 dinge wat die Psalmdigter vir God vra of sê waarmee jy kan identifiseer.

5. Die eerste verse beeld ‘n modderige put, amper soos ‘n moeras uit. Die Ou Testamentiese mens het die doderyk (sheol) beskryf as donker gat, plek van stof en baie keer as ‘n put. Hierdie verse beeld ‘n angsbeskrywing uit. (Kyk ook Psalm 88:7). Die persoon voel verlate en vasgevang. Kan jy hiermee identifiseer?

6. Let op na die werkwoorde in vers 1-4. Lys die werkwoorde. Wie is die onderwerp en wie is die voorwerp? Miskien kan jy prent teken van God wat jou oplig uit iets uit.

7. Watter nuwe lied het God in jou mond gelê? Watter bekende lied kom nou in jou gedagtes op?

[Direkte Vertaling:

Vers 3) Hy het my opgetrek uit die dreunende put, uit die modderige slik,

Hy het my voete op ‘n rotsbank laat staan, my voetstappe vastigheid gegee.

Vers 6a) U, Here my God, U het so baie wonder gedoen,

U het soveel planne  vir ons…

Vers 9) Wat U behaag, my God, wil ek graag doen,

U wet is in my binneste].

21 Dae 21 Psalms: Dag 10

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Rugbytrots!

Rugbytrots!

Baie geluk aan Jordan, Maks, Shaugin en Myburgh!

Laerskool Gansbaai
Great Sightings This March!

Great Sightings This March!

March was packed with incredible ocean activity for White Shark Projects! 

White Shark Projects
Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Grootbos Wildlife Caught on Camera Trap

Our parting shot is a Friday traffic report that looks a little bit different at Grootbos Private Nature Reserve! 

Grootbos Foundation
Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Stay on the Move with Our Mobile PoDHoME!

Why stay in one place when your home can move with you?

TinyBigHouse PoDHoMEs
The Quiet Power of Knowing Who You Are

The Quiet Power of Knowing Who You Are

There is a quiet power in someone who knows who they are.

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

Under the Microscope | Lindelwa’s Pollen Discovery

What has the newest member of the Conservation Team, Lindelwa, been looking at under the microscope this week?

Grootbos Foundation
See All Articles