21 Dae 21 Psalms: Dag 13

21 Dae 21 Psalms: Dag 13

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 13

DAG 13: PSALM 65

Word rustig. Haal diep asem. Word stelselmatig bewus van jou lyf, van jou tone tot by jou kop. Raak bewus van spanning. Miskien kan jy ‘n strekoefening oorweeg. Om bewus te wees van ander en alles rondom jou vra ook dat jy bewus is van jou liggaam.

Miskien is jy gespanne omdat alles om jou skielik so ernstig oorkom. Doen vandag iets pret. Iets wat jou laat lag. Sit jou gunsteling musiek kliphard op, hou ‘n dress up, wat ook al net silly is.

Psalm 65 is ‘n lofsang. Lees dit meer as een keer hardop deur. Die Psalmskrywer kies om God te loof en verstaan die diep sinvolheid om as vrygespreekte te lewe.

Lees vers 6 -12, die verse begin met die volgende werkwoorde (stellings):

In u trou antwoord U ons met...

U is...

U laat...

U sorg...

U maak...

U kroon...

Voltooi hierdie sinne in jou eie woorde vanuit jou eie konteks.

Vers 5: “Dit gaan goed met die mens” of “Gelukkig is die mens”. Dink bietjie na oor jou kriteria vir geluk. Henry Nouwen skryf: “I am convinced that we can choose joy. Every moment we decide to respond to an event or a person with joy instead of sadness. When we truly belief that God is life and only life... To choose joy does not mean to choose happy feelings or an artificial atmosphere of hilarity. But it does mean the determination to let whatever takes place bring us one step closer to the God of life.”

Hou die gebed van vers 5 vandag op jou tong: “Ek wil graag versadig word met die goeie van U huis…” (Direkte Veraling)

[Direkte Vertaling:

Vers 4) Al sou sondeskuld my oorweldig. U bedek ons oortredinge.

Vers 10) U het na die land omgesien,

dit deurdrenk, dit besonder verryk,

God se leivoor is vol water…

Vers 12 -13) U kroon u goeie jaar;

Waar U spore lê, drup dit van vettigheid.

Die weivelde van die woestyn drup,

Juigend omgord die heuwels hulleself]

21 Dae 21 Psalms: Dag 13

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles