21 Dae 21 Psalms: Dag 14

21 Dae 21 Psalms: Dag 14

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 14

DAG 14: PSALM 82

Word stil. Word net bewus van jou asemhaling. Probeer dieper asemhaal en proe die geskenk van lewe.

In haar boek “Sacred Pause” het Rachel Hackenberg ‘n paar oefeninge wat ons weer anders na woorde kan laat kyk. Een daarvan is om bietjie met jou tong en lippe te speel. Om werklik ‘n slag weer ‘n woord waaraan jy baie gewoond is te proe. Om te fokus op hoe jou tong en lippe beweeg as jy die woord sê. Pas die woord by die manier wat jy hom uitspreek? Watter vorms en patrone laat die woord jou aan dink? Jy kan dit teken. Oefen miskien met: “Gees”, “Liefde”, “Seën”.

Lees Psalm 82 drie maal deur. Wat is vir jou verrassend?

Ons moet die wêreldbeeld van die Israeliete in gedagte hou. God is in die hemelse vergadering (soos in Jesaja 6). God word uitgebeeld as die God van die hemelse vergadering, die hoof van alle hemelse wesens, daarom het geen ander god werklik mag nie. Hierdie is ‘n ruimte van mag waaruit God praat. Hy praat ook as regter as die Een wat beslis. Sien hierdie as ‘n Drama wat afspeel. In hierdie drama word ander gode geoordeel. Hoekom? Want hulle was nie “goddelik” nie. Hoekom was hulle nie goddelik nie? Want “justice”/geregtigheid is teken van Godwees en hulle het dit nie openbaar nie.

Lees weer die Psalm deur as drama waar God ander gode oordeel. Wat verwag hierdie God? Waar lê sy hart? Noem die mense na wie se belange gekyk moet word.

In die NRSV vertaling van Jesaja 5:16 lees ons die volgende: “But the Lord of hosts is exalted by justice, and the Holy God shows himself holy by righteousness”. God se goddelikheid en eer word erken daar waar reg en geregtigheid geskied en onreg verwyder word. Dink jy ons eer God soms in veilige ruimtes en vergeet dat ons eintlik geroep word om “ons hande vuil te maak” in die wêreld daarbuite?

Dink aan ‘n verhaal uit die evangelies waar Jesus iets van dit wat in die Psalm as goddelik beskou word kom sigbaar maak het vir ons.

21 Dae 21 Psalms: Dag 14

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles