21 Dae 21 Psalms: Dag 17

21 Dae 21 Psalms: Dag 17

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 17

DAG 17: PSALM 100

1. Christus het opgestaan. Christus het waarlik opgestaan!

2. As jy toegang het tot internet, luister op YouTube: Rimsky Korsakov se Russian Easter Overture. Baie Christene oor die wêreld wag op Paasmôre vir die son om op te kom, om so die oorwinning van Lig en Lewe te vier.

3. Lees Psalm 100 ‘n paar keer hardop deur, miskien kan jy hom neurie “Juig almal tot Gods lof en eer” in die Ou Gesangeboek: “Juig al wat leef, juig voor die Heer”.

4. Laat die woorde heeldag op jou lippe bly: “Want die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie”.

5. Ek deel die meditasie wat ek van te vore geskryf het:

Wit soos sneeu

Ek was al bevoorreg om in sneeu te stap - vars sneeu wat die dag begin val het en steeds besig was om te val. Die ervaring was een van weerkaatsing en skoon begin. Dit was asof die wit en die stilte (sneeu is stil) weerkaats en jou gedagtes en hart skoonvee, uitnooi om nuut te begin.

Janet Morley beskryf iets hiervan in die lig van die opstanding, dat alles nou oop en ontbloot is:

God of terror and joy,

you arise to shake the earth.

Open our graves and give us back the past;

so that all that has been buried

may be freed and forgiven,

and our lives may return to you

through the risen Christ.

Amen.

Om aan te gaan moet ons eers skoonmaak of eerder gewillig wees om skoongemaak te word. Jesaja praat tog van “wit word soos sneeu” (1:18).

[NRSV Make a joyful noise to the Lord, all the earth. Worship the Lord with gladness; come into his presence with singing.”]

21 Dae 21 Psalms: Dag 17

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles