21 Dae 21 Psalms: Dag 18

21 Dae 21 Psalms: Dag 18

NG Kerk Gansbaai

21 Dae 21 Psalms: Dag 18

DAG 18: PSALM 104

1. Gaan buitentoe as dit moontlik is. Kyk hoeveel verskillende tipes plante, insekte, diere of enige iets van die natuur jy kan sien. Word bewus daarvan hoe hulle ten spyte van omstandighede aangaan met hulle lewensprosesse.

2. Ruik die natuur en luister, gebruik al jou sintuie om “buite” te beleef.

3. Lees Psalm 104 ook in lig van wat jy in die natuur beleef het.

4. Die Skeppergod is die een wat mag het oor die chaosmagte: In vers 6 (Direkte Vertaling) lees ons van die oerwaters, die chaos wat die Ou Testamentiese mens gevrees het, maar hier God gehoorsaam. Die Hebreeuse woord “tehom” wat hier gebruik word dui op die oerchaos van Genesis 1 waar God se Gees oor die “tehom” gesweef het. In vers 26 kry ons die Leviatan, ook ‘n chaosmonster wat die mens van daardie tyd geglo het in die see bly en hulle voor vreesbevange was, maar die Skeppergod het hom as speelding gemaak! Alle chaos is onder God se hand, Hy het ook daaroor mag.

5. God in die Psalm is dan ook die Versorger, die gewer van die lewensasem. Word weer diep bewus van alles wat lewe in die natuur rondom jou.

6. Ek deel ‘n meditasie:

Lewegewend

In Psalm 104: 30 lees ons: “U gee die lewensasem en daar is lewe; ook uit die grond laat U nuwe lewe spruit.” Die 1953-vertaling maak dit nog meer beskrywend: “U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.” Elizabeth Johnson in haar boek “She who is” identifiseer die werk van die Gees onder ander as “vivifying”, wat mens kan vertaal met “lewegewend”. Hoe lewegewend? Glad nie bolangs nie, die Gees van Christus werk nie kosmeties nie, dit maak heel van binne na buite, en van buite na binne. Johnson skryf: “…the vivifying power of the divine Spirit comes to expression most intensely in fragmentary moments of renewing, healing, and freeing when human imbecility and destructive ill will are held at bay or overcome and a fresh start becomes possible”. Dit is nie mensewerk nie. Dit is God se Gees wat die gras laat groei en lewe gee in dooie harte.

21 Dae 21 Psalms: Dag 18

Dr. Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles