Blog

Oordenking: Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?

Oordenking: Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?

Hierdie gedeelte volg/sluit aan by gister se plasing.

Luister met geloof (2) eks: Ps 139

Gister het ons gehoor dat dit tegelyk ansgwekkend en bevrydend kan wees om te luister met geloof na ons gedagtes,oortuigings en wêreldbeskouing. Wie  eerlik na binne kyk,ontdek in onsself ‘n mens vol teenstrydighede, afguns,haat, afhanklikhede en  van vele  “gesigte”. Waar sal hierdie mens waarlik rus vind? Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?

Ps 139 eggo die antwoord: by God wat ons deurgrond met Sy liefde. Ons word aanvaar deur die God wat ons deur en deur ken. Ons kan sonder vrees voor God staan met ons mislukkings, met ons volle menswees: ”True  humility allows us to stand as failures before God and feel the love that allows us to learn from our experiences rather than to be crushed by them... the goal is to be dependent on a God whose love sets us free to understand and truly be all that we were intended to become.”(Robert Wicks)

God se liefde bevry ons van ons angs. Ons onversadigbare soeke na sukses en status verander ons in ‘n mens wat leef van kompetisie en onderlinge wedywering. Die vrees vir mislukking, bou die huis van angs waarin ons leef. God se liefde vir ons bevry ons uit hierdie woonplek van angs en onsekerheid. Ons mislukkings kan nie God se liefde vir ons keer nie.

Robert Wick verwys na ‘n opmerking van William Johnston wat vandag se oordenking sinvol opsom: ”The great challenge of the Christian life is to receive love, to open our hearts to the one who knocks, to accept Him into the very depth of our being... authentic human love is God’s love made incarnate”. Amen

Nota. Ek wil die volgende gedig van Chuang Tzu met u deel. Robert Wick haal hierdie gedig aan in sy boek: Living Simply in an Anxious world. Hierdie gedig het betrekking op die gedagte van die dag

When an archer is shooting for nothing he has all his skill.

If he shoots for a brass buckle he is already nervous.

If he shoots for a prize of gold he goes blind.

Or sees two targets.

He is out of his mind!

His skill has not changed.

But the prize divides him. He cares.

He thinks more of winning than of shooting.

And the need to win drains him of power.

Oordenking: Hoe kan ons weer by onsself tuiskom?

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles