Oordenking: Na Wie Lyk Ek

Oordenking: Na Wie Lyk Ek

NG Kerk Gansbaai

Oordenking: Na Wie Lyk Ek

Genesis 2:5 -25

Die Skepper - God het die mens met Sy eie vingers gemaak, Sy eie asem in die mens ingeblaas. So ontstaan daar ‘n intieme verhouding tussen God en mens. Ons verhouding tot God maak dat ek en jy as mens waarde het. Om sinvol mens te wees, om waarlik mens te wees, is om in die eerste plek in God veranker te wees, m.a.w. om sinvol mens te wees is om in verhouding met God te leef.

Volgens Gen 2 is dit egter  nie die enigste verhouding waarin die mens staan nie. Volgens verse 8-9 skep God ook ‘n intieme verhouding tussen die mens en die omgewing. Deel van hierdie verhouding met God en die omgewing, is die opdrag om die tuin te bewerk en op te pas. Om sinvol mens te wees, is ook om te arbei, om die skepping wat God aan ons gee te bewerk. Ons verhouding met die skepping is ook ‘n arbeidsverhouding. In vers 18 besluit God om ‘n hulp vir die mens te maak. Eers skep God die diere en so ontwikkel daar nog‘n verhouding, nl. tussen mens en dier .   In verse 21-22, skep God die vrou. Toe Adam haar sien sê hy: "been van my been, en vlees van my vlees”. En so ontstaan daar ‘n verhouding tussen Adam en sy medemens.

Die mens is ‘n verhoudingswese. Die mens is waarlik mens as hy in die regte verhouding staan tot God, tot homself, die natuur, arbeid, die diereryk en sy medemens. Maar waarom sal God die mens as ‘n verhoudingswese skape?

God skape ons as verhoudingswesens omdat God self ‘n God van verhoudings is. God Drie Enig staan in verhouding tot Homself. God is ‘n Verhoudingswese: "God’s own life is communial or social in nature” (D Miglior).

Wanneer God die mens skep (Gen 1:26-27), vorm Hy ons na Sy beeld. God skep ‘n verhoudingswese, die mens, vir my en jou. Anders as God, het ons nie gemeenskap in onsself nie. Ons het God, ons naaste, die skepping, ons arbeid nodig om waarlik vervulde mense te wees. Om beeld van God te wees.

Stilword: Word stil en oordink die betekenis en implikasie van hierdie boodskap vir ons lewe vandag.  Hoe help hierdie boodskap my om myself en ons wêreld beter te verstaan? 

Oordenking: Na Wie Lyk Ek

Ds Willie Kotze

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles