Seemeeu 2020: Die Covid-woestyn

Seemeeu 2020: Die Covid-woestyn

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: Die Covid-woestyn

'n Woestyn in Grieks is eremos, wat vertaal kan word met verlatenheid. Eremos dien ook as oorsprong vir die Engelse "hermit" ('kluisenaar' in Afrikaans). Ons beleef iets hiervan tydens Covid-19. Ons voel soos gedwonge kluisenaars in die verlatenheid van die Covid-19 woestyn: afgesonder, alleen. Die stilte raak oorverdowend.

Die stilste plek in die wêreld is die Anechoic kamer van die Orfield laberatorium in Minnesota. Dit is só stil dat die desibellesing in die negatief meet. Die langste wat enige iemand nog ooit die stilte van daardie kamer kon uithou, was glo 45 minute.

Rondom die jaar 400 vind ons 'n gevestigde groep wat bekendstaan as die Woestynvaders en -moeders - gelowiges wat hulself doelbewus in die Woestyn isoleer, waar hulle van alle afleidings gestroop word en waar hulle hulself van alle verhoudings, mag en die materiële wat in teenstelling met die heiligheid van die lewe is, kan distansieer. Dis 'n soeke na God in elke oomblik en die wegsny van alles wat in die weg van hierdie Godsontmoeting kan staan. Al wat in die woestyn oorbly, is gebed en selfondersoek.

Tot vandag is die wysheid en insig van hierdie Woestynvaders en -moeders van onskatbare waarde vir die Christen tradisie. Dalk is dit juis in die tyd van Covid dat ons weer opnuut moet leer by die wysheid van hierdie Vaders en Moeders.

Ons maak ons dae vol met Zoom-vergaderings, Whatsapp-gesprekke, TV-konserte en vele meer... alles natuurlik welkome afleiding waarmee daar nie noodwendig fout is nie, maar hardloop ons nie dalk té vinnig uit die Covid-woestyn nie? Het ons werklik al vir God in hierdie stilte ontmoet? Het ek regtig al in die stilte na binne gekyk om te sien wie ek geword het? Neem die persoon in die spieël deel aan die heiligheid van die Godgegewe lewe of staan hy/sy dalk in die pad daarvan?

In 1873 skryf Horatio Spafford die bekende lied It is well with my soul. Hy het sy vierjarige seun aan die dood afgestaan, sy florerende besigheid in die Chicago brande van 1871 verloor en in 1873 ál vier sy dogters aan die dood afgestaan toe hul skip op weg na Europa, gesink het. In die woestyn van rou waarin hy homself bevind, skryf hy: "Whatever my lot, Thou hast taught me to know. It is well, it is well, with my soul."

Ons sukkel met stilte! Stilte konfronteer ons met onsself. Dáár word ons van alle afleidings gestroop. Dit is dikwels in die woestyne van die lewe dat God ons ontmoet. Hoe het ons tot dusver hierdie Covid-woestyn hanteer? Baie van ons soek om elke hoek en draai onvlugting van die stilte. Tóg is dit juis geleentheid om onsself te vind: nie wie ék wil wees of wat ék tot dusver bereik het nie, maar of die persoon in die spieël werklik is van wie Gód droom. Kan ek werklik saamsing: "It is well with my soul"?

Seemeeu 2020: Die Covid-woestyn

Ds Hanri Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles