Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Vir elkeen van ons in die vreemde 2020 is daar miskien een woord, gevoel of versugting wat uitstaan bo ander. Dit is asof die woord “solidariteit” gedurig in my eie bewussyn opgekom het. Dit beteken om met ander of saam met ander iets te beleef, of selfs saam met iemand teen iets te staan al is dit nie op daardie moment jou eie belewing nie. Vir die eerste keer in my lewe kon ek op die media sien en lees hoe miljoene mense oor die wêreld geraak word deur dieselfde ontwrigting en vrese. Ouers wat skielik met kinders heeldag by die huis sit, kinders wat alleen moet rou, mense wat alleen moet sterf, die ingehoktheid en die maskers. Skielik het ek iets in gemeen, bo en behalwe my menswees, met iemand in elke kontinent op dieselfde tyd. Miskien is dit die skielike ervaring van solidariteit met ander wat my weer verwonderd gelaat het oor kerkwees, my herinner het dat nie net krisis my aan ander bind nie, maar ook my identiteit in Christus. Dat ook ander smag na die brood en die wyn, die sing en die Woord, die heilige ruimtes en die langs mekaar wees. Dat ook ander dwarsdeur die wêreld gesoek het op ‘n Sondag na ‘n diens en vertroosting op enige vorm van media. In Fillipense 2 skryf Paulus aan die gelowiges dat hulle hom sal verbly as hulle sal wees: “een in liefde, een van gees, een in strewe”. Mag ons tog met meer empatie na mense begin kyk. Omdat ons iets gedeel het wat ontwrigtend was het ons hopelik meer deernis en minder oordeel en bowenal harte vol dankbaarheid.

Seemeeu 2020: Saam met die wêreld

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles