Advent 2020: Eerste Sondag

Advent 2020: Eerste Sondag

NG Kerk Gansbaai

Eerste Sondag van Advent

Een van die leesroostertekste vir die Sondag is Jesaja 64. ‘n Teks wat ons ook gehoor het tydens die doop op 22 November. Die woorde wat die volk deur die profeet uitroep vanuit ‘n situasie van magteloosheid en moegheid na hulle terugkeer na ‘n vervalle Jerusalem:

As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal - die berge sal bewe van U teenwoordigheid...(Jes 64:1)

‘n Versugting dat God tog vir die nasies kragdadig kan wys dat hierdie vernederde volk se God magtig en kragtig is – Iemand om mee rekening te hou. Ons voel ook soms so: Kom wys U krag vir almal wat sien!

Die Here het die hemel oopgeskeur en afgedaal, ons en almal se angsroep is gehoor. Die hemel het oopgeskeur maar nie met tipiese triomfmusiek soos in ‘n fliek nie. Eerder, in die nag terwyl almal slaap het ‘n vrou kraampyne gekry en baba is gebore, hulpeloos en afhanklik. Hier kom God af en Hy kom slaap in die krip. Die hemel het geskeur, maar berge het nie gebewe nie; ‘n baba het gehuil.

Dit is die vreemde heerskappy van God wat ons in die seisoen vier. Die God wie se krag lê in deernis. Die God in wie se hand ons rus met ‘n diep wete, maar baie dae sonder die tekens of clues van sy teenwoordigheid wat ons soek. As jy mooi kyk is die hemel tussen ons want God is tog God met ons.

Advent 2020: Eerste Sondag

Ds Hanri Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles