Seemeeu Desember 2020: Kersversierings met betekenis

Seemeeu Desember 2020: Kersversierings met betekenis

NG Kerk Gansbaai

Seemeeu Desember 2020: Kersversierings met betekenis

Dié tyd van die jaar word Kersbome gesoek en gekoop. Versier-ings word uit die kas gehaal en afgestof, nuwes word gekoop.

Miskien is jy al moeg vir jou balletjies, takbokke en miniatuur Kersvaders. 

Hier is paar idees om hierdie jaar jou huis te versier met kleure en simbole van betekenis, wat inval by die kerklike gebruik oor die eeue.

Die vier Sondae voor Kersfees is Advent. Advent beteken koms. Dit is die tyd wat ons as kerk in afwagting is en smag na verlossing en die geboorte van die Verlosser. Die kleure van Advent is pers/koningsblou, wit en goud. Dit is ge-bruiklik om in Advent vyf kerse te hê, wat dan weekliks aangesteek word. Drie donkerblou/pers kerse (1ste, 2de en 4de Advent); een rooskleurige kers (3de Advent) en dan ‘n wit Christuskers vir Kersdag.

Kersfees is nie bloot ‘n “geestelike” tyd nie, dit het juis te make met God se inkom in hierdie gebroke wêreld, Advent is by uitstek die tyd om daarna te smag, te midde van jou  alledaagse dinge.

Daarom kan die kleursimboliek en kerse in jou huis as ‘n herinnering dien. Die kleure van Kersfees self  is wit, geel en goud. Miskien kan jy dié jaar die rooi en groen bêre en hierdie kleure inbring. Simbole wat pas by dié tyd is die ster, krip, en geskenke wat die Wyse manne gebring het: goud, wierook, mirre.

Nog ‘n simbool is ‘n stomp, omdat Jesus die loot is wat gebore is uit die stomp van Isai: “’n Takkie sal uitspruit  uit die stomp van Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.” (Jes 11.1).

Die kruis in die Christelike tradisie vir Advent en Kersfees; die ’Natal’ (ge-boorte) kruis is in die vorm van ‘n ster om ons te herinner aan die verhaal van die geboorte van Jesus. Advent en Kers-tyd is ook ‘n tyd van diens en omgee en daarom is dit nie net huise wat versier word nie, maar kan julle as gesin ook miskien liefdes-projekte aanpak om ook iemand in dié tyd by te staan. Mag ons kreatiwiteit ons dankbaarheid teenoor Immaneul laat groei! ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar wens ons u graag toe!  

 

Seemeeu Desember 2020: Kersversierings met betekenis

Dr Lisel Joubert

Hierdie historiese kerk is geleë in die hart van Gansbaai se middedorp en staan al vir meer as 50 jaar in die bediening van jonk en oud. Die kerk se ryk geskiedenis dateer terug tot 1909 en vandag het die kerk meer as 2550 lidmate en oor die 300 doop lidmate. Die kerk bedien die hele Gansbaai wat d...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Choose Your Intention, Shape Your Day

Choose Your Intention, Shape Your Day

Clarity creates peace, purpose, and joy.

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Fun Fact Friday: Understanding Astigmatism

Know the signs. Protect your vision.

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

GGAP THANKS OUR NATION BUILDERS!

Without YOU, our NATION BUILDERS, GGAP can't build our Gorgeous, Generous, Kind and Caring Gansbaai for all. 

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Gate and Garage Door Motor Installation, Repairs and Sales

Thunder Security & Solar offers professional gate and garage door motor services.

New Indian Homeware Arrivals

New Indian Homeware Arrivals

Fresh from India, we have beautiful new pieces to add a special touch to your home.

How Your Attention Shapes Your Life

How Your Attention Shapes Your Life

All your actions will flow to where your attention is.

See All Articles