Blog

Bietoubossers: Leefwêreld van Gehoorgestremdes

Bietoubossers: Leefwêreld van Gehoorgestremdes

Gans-Berg Nuus / News

Bietoubossers: Leefwêreld van Gehoorgestremdes

“Ons was bevoorreg tydens die Bietoubos Damesklub se byeenkoms van 16 Augustus 2022 om vir Elana von Zweel as gasspreker te kon kry,” vertel Elizma de Lange van die klub. “Elana het ons ‘n stukkie van die leefwêreld van gehoorgestremdes laat beleef.”

Elana het op ‘n plaas in die omgewing van Bloemfontein grootgeword. Op 4-jarige ouderdom het sy steeds gesukkel om te praat en haar ouers het besef dat dit moontlik ‘n gehoorprobleem is. “Hulle het my by die Skool vir Dowes in Pretoria laat toets,” het sy gesê. “Daar is aanbeveel dat ek daar bly, aangesien my gehoorprobleem ernstig was.” Haar ouers het egter daarteen besluit. Elana se ouma was verbonde aan die Delabat Skool in Worcester en het op die plaas kom bly om haar kleinkinders te leer praat en te onderrig. “Hierdie onderrig was so suksesvol, dat ek later universiteit toe is en vandag is ek ‘n ouditeur.”

“Elana het verduidelik dat klankgolwe in ‘n baan loop,” vertel Elizma. “Sekere faktore kan dit beïnvloed, soos ‘n muur of mense wat praat. Dit kan bepaal hoe effektief die klankgolwe die hoorder bereik.” Elana het ook gesê die mens se ore is net ‘n medium nie - dit hang af van hoe die klankgolwe beweeg - daarom hoor die brein nie elke woord ewe goed nie. Voorts het sy gesê dat gehoortoestelle wel van groot waarde is, maar die gehoor is steeds nie perfek daarmee nie. Die gebruiker moet ten minste vir 6 maande geduldig wees om dit akkuraat ingestel te kry. Klanke moet ook by die gebruiker aanpas. “Nasorgdiens is van uiterste belang ná die verkryging van gehoortoestelle,” het sy gesê.

Elana het na enkele kenmerke by gehoorgestremdes verwys: Hulle is dikwels baie sensitief vir lig (ook liggies van elektroniese-toestelle); Ore en balans werk saam - balans kan dus probleme gee; Hulle leef dikwels oënskynlik in hul eie leefwêreld; Die konsentrasie om behoorlik te kan hoor en verstaan, veroorsaak “hearing fatigue”, wat daartoe lei dat hulle hulself afsonder.

Liplees, gesigsuitdrukking en lyftaal help die gehoorgestremde om beter te verstaan. As die persoon dus intens staar, konsentreer hulle om behoorlik te kan hoor en dit is nie omdat hulle kwaad is nie. Om van bogenoemde bewus te wees, help dit die gehoorgestremde om die ‘spreker’ beter te verstaan. Elana het ook haar dienshond, Allegra, saamgebring. “Daar word onderskei tussen gidshonde wat visueelgestremde persone help en dienshonde wat ander gestremdes help,” het sy gesê. “In my geval is Allegra my ekstra ore.”

Wenke om dienshonde te benader: Moenie die hond aanraak, vryf of vertroetel nie. Dit trek sy aandag van sy werk af. Indien ‘n persoon naderstap om die dienshond te vertroetel, kan die hond sy eienaar onverwags van balans afruk. Groet altyd die gehoorgestremde van voor, sodat hy/sy en die dienshond bewus is van die naderende persoon en nie skrik indien iemand van agter af praat nie. “Ek reis dikwels en Allegra, my ekstra ore, reis oral saam met my,” het Elana gesê. “Reg oor die wêreld is daar hotelle en restaurante wat dienshond-vriendelik is, maar soms kan onkundigheid oor die werk en die nut van so ‘n dienshond probleme veroorsaak.”

Elizma sê die saamkuiery was gesellig, om nie van die onverbeterlike versnapperings te praat nie. “Na ‘n baie insiggewende praatjie kon die Bietoubossers terugkeer huis toe met groter begrip wat teenoor gehoorgestremdes getoon moet word - maar ook hoe om hulle eie gehoorprobleme te hanteer.

 
Hardus Botha
 
Bietoubossers: Leefwêreld van Gehoorgestremdes

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Keep Your Garden Green This Summer

Keep Your Garden Green This Summer

When was the last time you really took a look at your garden? Is it looking a bit dry and thirsty?

Eco-Flo Irrigation
1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
See All Articles