Melodrama styg uit

Melodrama styg uit

Gansbaai Courant

Melodrama 2013 groepfoto deur Retha van Staden.

“My liewe JP, ek wil net weer vir julle gelukwens met die fyn afgewerkte en uiters professionele aanbieding gisteraand. Dit getuig van toegewyde harde werk oor maande heen. Dit is ook ‘the best kept secret’ in Gansbaai en ek glo dat julle ‘n sodanige hoogtepunt bereik het dat julle ernstig daaraan moet dink om julle vlerke na omliggende dorpe uit te sprei - Liefdewense, Wilna,” lui ‘n sms-boodskap van Wilna Snyman, wat die Gala-aand bygewoon het, aan JP (Jean-Pierre) Coetzer, produksie-bestuurder van Melodrama 2013.

Vanjaar se puik produksie, met 26 uitstaande items wat gelewer is, is vir die eerste keer oor 4 aande versprei. Woensdagaand is vir 360 leerders van Gansbaai Academia, Gansbaai Primêr, Laerskool Gansbaai en Laerskool Okkie Smuts gereserveer en is deur borgskappe moontlik gemaak. “In vergeleke met verlede jaar se 150 leerders, was Woensdagaand se saal vol leerders en ‘n onvergeetlike gesig om te aanskou,” sê JP. “Die leerders se opgewondenheid, dissipline, handeklap en selfs samesang, het geweldig baie vir die spelers beteken, aangesien hulle daardeur werklik die gevoel gekry het waarom en vir wie hulle soveel ure oor 7 maande heen opgeoffer het.” Donderdag- en Vrydagaand is eweneens baie goed bygewoon, terwyl Saterdagaand se Gala-geleentheid, ook met veel meer gaste as vorige jare, weer eens ‘n wenner was. Onder die eregaste was Wilna Snyman, befaamde aktrise, rdl Nicolette Botha-Guthrie, rdh Pieter en Ans Scholtz, mnr Kat Myburgh en etlike sakelui en bestuurslede van verskeie organisasies in Gansbaai.

‘n Verdere kersie op die sukses-koek, is die feit dat alle winste jaarliks aan Gansbaai Melodrama Kinder Trust oorbetaal word, wat in die verlede al vir enorme liefdadigheidswerk onder kinders in die gemeenskap gesorg het.

Die Bestuurspan (ook deelnemende spelers) is JP Coetzer (produksiebestuurder), Juanita Hage, Yolanda Brand, Stella Swart, Roza Rabe en Mike Geldenhuys. Die res van die deelnemers (alfabeties) is Adel Klotz, Adrie Nigrini, Andrè Hage, Calla Leeuwner, Charles Solyom, Christo Barnard (dr), Corrie Avenant, Hannes van der Merwe, Jannie Cronje, Jolinda Avenant, Karin van der Westhuysen, Leon Kemp, Liesel Trollope (dr), Mike Geldenhuys, Pieta Botes, Retha van Staden, Rigardo Plaatjies, Tanya Smit (aka bus), Toni Boshoff, Verschelle Adams en Zander Barnard (dr). Leerders wat deelgeneem het is Adrian, AJ, Conrad, Jordan, Karli-Mari, Lisa-Mari, Mart-Mari, Micki, Rianco, Wendy en Wiltas.

“Ek wil graag elke deelnemer, ingesluit ons knap ‘backstage’-personeel, opreg bedank vir hulle harde werk en opofferinge en ondersteuning,” sê JP. “Die volledige span het vanjaar soos een man/familie saamgestaan en elkeen was op sy/haar manier ‘n onontbeerlike skakel en steunpilaar wat tot ons sukses bygedra het.” Mike Geldenhuys se naam het tydens gesprekvoeringe oral uitgestyg en hy was ook verantwoordelik vir die Gala-aand se pragtige Melodrama-koerantjie. “Mike was vir my ‘n wonderlike en onder-steunende steunpilaar en hy het nagte deurgewerk om sekere verantwoordelikhede na te kom,” sê JP.

‘n Volledige verslag oor vanjaar se Melodrama-suksesse sal eersdaags gepubliseer word, insluitend alle borge en donateurs wat op hierdie stadium net voorlopig deur die Melodrama Bestuurspan bedank word. Knapgedaan, 2013 Melodrama, Gansbaaiers kan nie anders as om trots op julle te wees nie, met die klem op julle harde werk, asook julle hoofdoel - Liefdadigheid teenoor kinders van die omgewing.

Vir navrae en/of verdere ondersteuning, kan JP Coetzer by 083-274-9674 geskakel word, of stuur ‘n epos aan hom by production@atlanticabalone.co.za.

Hardus Botha

Melodrama styg uit

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles