10.01.2013

 10.01.2013

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Omdat ons glo, weet ons dat die wêreld deur die woord van GOD geskep is: die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie.” (Heb 11:3)

Hoe begin ‘n gelowige kind van GOD die nuwejaar?

Baie mense sal jou vra: “Wat beplan jy om hierdie jaar te doen?” Wel, dan kan jy maar met  sekerheid antwoord: “Ek weet nie wat ek gaan doen nie, maar al wat ek weet is dat GOD weet wat Hy gaan doen!” Ja, soos Abraham destyds in gehoorsaamheid weggetrek het uit Haran, sonder om te weet waar hy heen gaan, sal ons hier aan die begin van 2013 ook moet wegtrek uit ons bekende omgewing en trek na ‘n plek sonder dat ons weet waar ons gaan kom.

Dit klink ‘n bietjie vaag en onseker, of hoe?

 “omdat ons glo, weet ons…”

Die pad van gelowige kinders van Jesus is om met volle afhanklikheid weg te trek van waar hulle nou is. Ondersoek dus maar gerus jou verhouding met God of jy gewillig is om op elke terrein van jou lewe Hom onvoorwaardelik te vertrou. Elke oggend wanneer jy wakker word moet jy opnuut jou vertroue in GOD plaas en “weg trek” saam met Hom die toekoms in.

“moet julle nie oor môre bekommer nie…”  (Mat 6:34)

“omdat ons glo, weet ons…”

Ons kan maar die toekoms voluit aanpak met ons oog gevestig op Jesus. Ja, daar lê vir ons ‘n wedloop voor – ‘n harde resies, waar ons alles sal moet insit as ons wil deelneem, maar “omdat ons glo, weet ons” dat Jesus elke tree saam met ons op hierdie pad sal wees, al weet ons nie waarheen ons gaan nie! Vertrou net dat GOD presies weet wat Hy doen en waarheen Hy ons neem! Dit is onvoorwaardelike geloof!

GOD vertel ons nie wat Hy gaan doen nie. Wat Hy wel van jou vra is om Hom voluit te vertrou. Hy openbaar aan ons in die Bybel WIE Hy is en WAT Hy al gedoen het in die lewe van gelowiges soos Abraham, Moses en baie ander. Hy is ‘n GOD van wonderwerke. Hy sal in jou lewe ook Sy wonderwerke laat gebeur – vertrou Hom net!

“omdat ons glo, weet ons…” GOD is in beheer! Laat ons met moed wegtrek 2013 in!

 10.01.2013

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Soaking up a nature experience this week was the group of entrepreneurs from the 2025/26 programme...

Grootbos Foundation
Three Players Selected to Represent Boland

Three Players Selected to Represent Boland

Another hockey player, Luvo Moss, has been called up to play for the Boland Under-18 Inter-Provincial Tournament...

Grootbos Foundation
An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!

Gansveer Poetry Group
See All Articles