Wat verwag GOD van Sy kinders

Wat verwag GOD van Sy kinders

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Toe hulle aankom by die plek wat GOD vir Abraham aangewys het, het Abraham daar 'n altar gebou. Hy het die hout reg gesit en sy seun Isak vasgebind en op die altar neer gesit, bo-op die hout.” (Gen 22:9)

 “En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van GOD: Gee julle self aan GOD as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.”  (Rom 12:1)

Daar is só baie christene wat dink dat ‘n mens alleenlik GOD kan dien as jy in ‘n vêr land gaan sendingwerk doen, of die hele dag met jou Bybel besig is, en ure in gebed verkeer. Daar is tog ‘n baie groot wanopvatting as ons dink dat GOD verwag ons moet alles opgee, niks besit en 24/7 besig wees met die dinge van die HERE!  NEE! Jesus het vir ons almal gesterf sodat ons nooit vir GOD hoef te sterf nie – die volmaakte offer is reeds deur Jesus afgehandel – vir ons!

Die GOD wat ons dien sal nooit van Sy kinders vra om die onmoontlike of die onmenslike te doen nie! Ons dien ‘n GOD VAN LIEFDE! Dis wat Jesus op aarde kom doen het – Hy wou die Vader aan ons bekendstel as ‘n GOD van liefde – ‘n GOD wat met Sy kinders in ‘n persoonlike verhouding wou leef! Jesus sê in Johannes 15:15: “Ek noem julle vriende!” Jy hoef nie afstand te doen van al jou aardse besitttings net omdat jy Jesus wil volg nie – ja, GOD sal wel van jou vra om daardie dinge op te offer wat tussen jou en  GOD mag staan – of dinge wat GOD se tyd saam met jou steel!

Weer eens wil GOD vir jou net die beste laat toekom – en ‘n intieme, lewende verhouding met Hom is baie meer werd as ‘n verhouding met dooie besittings!

Die offer wat GOD van jou vra is ‘n lewe wat Hom verheerlik orals waar jy gaan! Mense moet Jesus in jou oë en jou lewe kan raaksien! Jy mag jou nie toesluit in jou kamer – om weg te kom van die dinge om jou nie – GOD wil juis hê jy moet tussen mense beweeg en vir Hom ‘n lewende getuie wees. Hy is nie net waar jy aanbid of Bybel lees nie – Hy is orals saam met jou, in die verwagting dat jy Hom aan ander sal bekendstel.

By jou werk, in jou huis, tussen vriende,  ja orals, wil Jesus deel van jou lewe wees = dis geen opoffering nie! Dis ware lewe!

Wat verwag GOD van Sy kinders

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Your Business Grows When You Do

Your Business Grows When You Do

As entrepreneurs, we are taught to focus on growth.

The Questions Beneath the Questions

The Questions Beneath the Questions

Entrepreneurs spend much of their lives looking outward.

The Seduction of Safety

The Seduction of Safety

There is a point in many entrepreneurial journeys where success begins to create an unexpected challenge.

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Celebrating a Year of Entrepreneurial Growth

Soaking up a nature experience this week was the group of entrepreneurs from the 2025/26 programme...

Grootbos Foundation
Three Players Selected to Represent Boland

Three Players Selected to Represent Boland

Another hockey player, Luvo Moss, has been called up to play for the Boland Under-18 Inter-Provincial Tournament...

Grootbos Foundation
An Evening of Borrowed Light

An Evening of Borrowed Light

Hierdie maand het ons saamgekom op 10 Junie 2026 om 18:00 by The Great White House Restaurant!

Gansveer Poetry Group
See All Articles