Jesus weet HOE jy voel

Jesus weet HOE jy voel

Gansbaai Courant

“Toe Hy uit die skuit klim, het Hy die groot menigte mense daar gesien. Hy het hulle innig jammer gekry en die siekes onder hulle gesond gemaak.” Mat 14:14 

Ai, daar kom dae wat jy sekerlik ook wens daar is iemand wat jou kan verstaan, weet hoe jy voel as jy hartseer, bang of sommer net ongelukkig is. Goeie nuus  – daardie Iemand is Jesus!  Jy kan nou Sy arms om jou voel en jy mag jou kop teen Sy bors leun!

Dit is juis wat GOD wou hê toe Hy Sy Seun na hierdie aarde toe gestuur het. Sodat Jesus presies kon deurgaan wat  jy ervaar en voel – sodat jy kan weet dat Hy regtig verstaan hoe jy nou voel. Want anders as ons, het Jesus nie net kom kyk wat kan Hy vat nie, maar wat kan Hy kan gee! 

(Jy moet Matteus 14  deurlees om te weet waardeur Jesus op een dag moes gaan in Sy lewe!)

Jesus hoor Sy vriend en neef Johannes die Dopers is onthoof en Hy probeer wegkom om ‘n bietjie alleen te wees, maar die skare mense volg Hom oral – en in plaas daarvan om hulle weg te stuur lees ons: “Toe Hy die menigte sien het Hy hulle innig jammer gekry!” Jesus kyk weg van Sy eie hartseer – en sien die skare raak!

Dit is ’n GOD van LIEFDE! Dit is wat Jesus aan ons kom wys het – dat ons ’n GOD dien wat ons nood, pyn en hartseer verstáán. “Ja, maar” hoor ek jou sê, “Jesus was immers GOD se Seun,  Hy kon dit doen.”  Dis amper soos wanneer ‘n pa sy klein seuntjie leer om ‘n bal te skop – en die seuntjie naderhand moedeloos sê: “Ag, Pa! Dis maklik vir Pa, want Pa is gróót!” Nee, dink daaraan dat Jesus jou só goed ken omdat Hyself deur pyn, versoeking en hartseer moes gaan – sodat Hy jou beter kan verstaan!

Kyk hierna: Jesus het die skare voor Hom goed geken – Hy het geweet hulle is diewe, leuenaars, prostitute – en al het Hy geweet dat hulle nog gaan sondig – het Hy hulle genees! Hoekom sal Hy dit nie ook vir jou doen nie! Jy is tog net so spesiaal vir Hom soos al Sy ander kinders! Dink mooi! GOD ken al jou foute – en nogtans gee Hy die beste vir jou! Hy weet dat jy Hom in die toekoms gaan teleurstel en tog gee Hy jou elke dag Sy liefde en genade, onverdiend!

GOD se goedheid word nie deur jou belangrikheid bepaal nie, maar deur Sy natuurlike liefde – Hy wil jou liefhê – soos jy is!  Niemand is onwaardig vir Jesus nie  - Hy doen goed aan almal! – Moet ek en jy nie dan ook almal spesiaal behandel nie?

Jesus weet HOE jy voel

Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles