Gansbaai Gholfklub: Dames Styg Uit
Twee dames, Rene Myburgh en Marietjie de Villiers, het hulself verlede week op die gholfbaan laat geld. Rene wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie. Sy teken ook ‘n Spog Twee (No 11) aan en eindig ook Naaste aan die Pen (No 17).
Woensdag, 2 Augustus:
Rene Myburgh wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 36 punte, gevolg deur Daan Victor 35, Marietjie de Villiers 33, Alex Mostert 33, Johan Coetzee 32, Bev Swart 32, Solly Wessels 31, Johan Pieterse 31, Etienne Engelbrecht 31 en Marietjie Visser 30.
Naaste aan die pen op no 17 was Rene Myburgh (rooi bof) en Alex Mostert (geel bof).
Rene Lambrecht teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11.
Vrydag, 4 Augustus:
John Smith wen die 9-putjie Enkel Stableford met 19 punte, gevolg deur Jacobus Bothma 14, Sakkie van der Merwe 13, Koos Myburgh 12, Pieter Uys 12, Pero Heyns 11 en Owen Huxham 10.
Saterdag, 5 Augustus:
Philip Taylor wen die Houespel kompetisie met 68 net, gevolg deur Daan Victor 73, Wally van Coller 74, Etienne Engelbrecht 74, Stephen Brown 77, Zanell Greeff 77, Clive Bailey 78, Johan Coetzee 79 en Joe Cesare 80.
Daan Victor teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11 en 15.
Naaste aan die pen op no 2 was Stephen Brown (geel bof).
Sondag, 6 Augustus:
Marietjie de Villiers wen die 9-putjie Enkel Stableford met 20 punte, gevolg deur Gordon Miles 20, Charlie Bent 19, Pieter Uys 19, Christo Spanellis 18, Hannes Linde 17, Lionel Kemm 17, Corrie Avenant 16, John Wellman 14 en Andrew Dalgleish 13.
Lionel Kemm teken ‘n Spog Twee aan op putjie no 11.
Baie dankie, Marietjie en Gina, wat die pryse geborg het.
Saterdag, 12 Augustus:
Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Verjaarsdae:
Rory Harrop (15de), PA Farrell (15de) en Pieter Smal (23ste).