Course Maintenance and Tribute to Marlene Davin-Hunt
Woensdag, 19 Maart 2025: Daar was geen gholf gedurende hierdie week as gevolg van hollowtyning - Bev Swart en die Baanspan het hard gewerk om ons baan so pragtig te hou. Ons het die afgelope seisoen heelwat besoekers gehad wat in ekstase was oor hierdie pragtige baan, en baie fotos is geneem om oorsee te gaan spog met die "Mees Suidelike gholfbaan in Afrika"! Dankie aan hierdie flukse span - julle hou Gansbaai Gholfklub se naam hoog.

In Memoriam: Dit is met leedwese dat ons verneem het van die afsterwe van Marlene Davin-Hunt. Ons innige meegevoel aan George Hunt en gesin.
