Gansbaai Gholfklub Nuus
Johan Coetzee palm Enkel Stableford in:
Saterdag, 18 Mei 2024 se Enkel Stableford kompetisie is deur Johan Coetzee (ons gholf-rubiekskrywer) met met 39 punte ingepalm. Dan is daar verlede week sommer 6 Spog Twee’s aangeteken: Daan Victor, Neil Harrison, Hugo Groenewald, Neil Harrison, Willie van Vuuren en Hugo Groenewald, met Kobus Booysens wat ‘n Arend aanteken - baie geluk, manne!
Woensdag, 15 Mei 2024:
Clive Bailey wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 42 punte, gevolg deur Dirk van Dyk 39, Philip Taylor 39, Solly Wessels 38, Peet Pretorius 37, Hugo Groenewald 37, Leon Lombaard 36, Daan Victor 35, Rene Myburgh 35 en Dawie Viljoen 35.
Spog Twee’s word aangeteken deur Neil Harrison (7), Willie van Vuuren (17) en Hugo Groenewald (17).
Kobus Booysens teken ‘n Arend aan op putjie no 6.
Vrydag, 17 Mei 2024:
Koos Myburgh wen die 9-putjie Enkel Stableford kompetisie met 19 punte, gevolg deur George Hunt 19, A van den Berg 18, Kenny Aitken 18, Marietjie de Villiers 18, J Nel 18, Callie Lourens 17, Gordon Miles 14, Vernon Hunt 13 en J Louw 13.
Saterdag, 18 Mei 2024:
Johan Coetzee wen die Enkel Stableford kompetisie met 39 punte, gevolg deur Solly Wessels 37, Marietjie de Villiers 36, Joe Cesare 34, Neil Harrison 34, Clive Bailey 33, Barry Fourie 33, Anton Jordaan 31, Daan Victor 31 en Hugo Groenewald 30.
Naaste aan die pen op no 8 was Daan Victor (rooi bof).
Spog Twee’s word aangeteken deur Daan Victor (2) en Neil Harrison (17) en Hugo Groenewald (17).
Sondag, 19 Mei 2024:
Geen gholf.
Saterdag, 25 Mei 2024:
Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Verjaarsdae:
Malcolm Bury 28ste en Anton Theunissen 31ste.