Die Wheelie Bunch

Die Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Image

Die Wheelie Bunch

‘n Kosbare Terugploeg-projek

“Manie Veldman, ‘n bekende inwoner van Gansbaai, herstel tans ná twee breinoperasies en is nog rolstoel-gebonde,” vertel Rita Grotsius-Delport, ‘n lid van die vrywilligers-organisasie, The Wheelie Bunch. “Manie glo hy was geseënd om na altwee operasies al die hulpmiddele tot sy herstel beskikbaar te kon hê.” Rita vertel dat Manie mense op sy pad teegekom het wat nie so bevoorreg soos hy was nie. Manie se vrou, Elsie, is sy groot ondersteuner en regterhand. “Die Here het ‘n droom in sy hart gelê om iets terug te ploeg wat sal bydra tot ander gestremdes se lewens.” So is híérdie Terugploeg-projek gebore.

Die Wheelie Bunch beplan ‘n tweede byeenkoms te Groeneweide wat op Maandag, 16 Desember 2024 plaasvind - Disability Awareness Day. Manie en Rita sal daar wees en hulle beplan sommer ‘n groot en suksesvolle feestelikheid. Om hulle op daardie dag te vrywillig te ondersteun, sal ‘n betekenisvolle bydrae tot Disability Awareness Day, maar veral vir Groter Gansbaai se gestremde persone - maak seker dat u daar opdaag.

Manie, wat ook ‘n skilder van formaat is, is deur Franskraal Art Route uitgenooi om sy skilderye tydens hulle kunsuitstalling ten toon te stel. Die uitstalling is die Eilandhuisie (voormalige Strandveld Museum) en hulle amptelike opening is op Vrydag, 13 Desember 2024.

Die vorige Wheelie Bunch saamtrek te Groeneweide was in Maart vanjaar en was ‘n reuse sukses. Sedertdien tot November 2024, het hulle die volgende items van vrywilligers ontvang, wat reeds aan gestremde persone oorhandig is: 1 x rolstoel; 1 x loopraam; 1x 4-poot kruk; 2 x houtgekerfde kieries; 1 x stel krukke. Items wat nog oorhandig moet word, is: 1x mans-rolstoel (bande moet vervang word), 1 x dames/kind-rolstoel; 2 x stel krukke; 2 x houtgekerfde kieries; 1 x loopraam. “Ons het ook oogtoetse vir gestremdes op ons The Wheelie Bunch Groep gereël en die meeste van hulle het ‘n gratis bril ontvang,” vertel Manie.

“Ons hoofdoelwit met hierdie fondsinsamelings-projek, waaraan mense vrywillig kan deelneem, is om fondse te bekom vir gestremde persone van die gemeenskap van Gansbaai om voorsiening te maak vir noodsaaklike hulpmiddels,” het Manie gesê. Die hulpmiddels waarna hy verwys, is rolstoele, looprame, krukke, kieries, bedrame, bedlere (rope ladders) en glyborde (sliding boards). Hulle benodig ook persoonlike items, soos urine bottels (mans en vrouens), bedpanne, volwasse doeke en linen savers. 

Navrae kan aan Manie Veldman by 078 394 8708 gerig word, of skakel Rita Grotsius-Delport by 084 444 2023, of stuur ‘n epos aan manieveldman3@gmail.com.

Hardus Botha

Die Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Daily Blog: 17 December 2025 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 17 December 2025 | Shark Cage Diving in South Africa

We started the day with a beautiful burst of sunshine at Marine Dynamics, setting the tone for what promised to be an exceptional trip.

Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

Pearly Beach is Ready for the Festive Season!

The natural beauty of Pearly Beach is shining brighter than ever as we welcome the festive season. 

New Year’s Eve 2025

New Year’s Eve 2025

Join us for a fun-filled New Year’s Eve Dance!

Discover Our Beautiful Backyard

Discover Our Beautiful Backyard

At Amazing Grace we love showing our guests our beautiful backyard, better know as Klipgat Caves and Walkerbay Nature reserve.

Amazing Grace B&B
Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Overstrand Tourism Diary: 3 - 7 December 2025

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary, filled with music, markets, walks, workshops, and live entertainment...

Gansbaai Tourism
5 December 2025: Christmas Lights Festival

5 December 2025: Christmas Lights Festival

GANSBAAI Kersfees Liggies Christmas Lights Festival. 5 December 2025. 6pm. See you there Gansbaai community!

Gansbaai Tourism
See All Articles