Golf Competition Results for 18 - 21 Feb 2026
Woensdag 18, Feb. 2026: Marietjie de Villiers wen die Sloegterskompetisie met 32 punte, gevolg deur Rene Myburgh 30, Joe Cesare 29, Dirk van Dyk 27, Clive Bailey 26, Johan Coetzee 24, D Wright 23, Johan Pieterse 20. Marietjie de Villiers wen die boerpot (putjies 7, 10 en 15).

Donderdag, 19 Feb. 2026: Dit was die SAGES Overberg Kampioenskappe op Bredasdorp, en twee van ons lede was van die wenners: Johan Pieterse (D Afd.), Anton Jordaan (C Afd.) Geluk, manne! Foto van links na regs: Johan Pieterse (D), Dirk Groenewald (A), Dave Mohr (B), Anton Jordaan (C)

Vrydag, 20 Feb. 2026: Jacobus Bothma wen die 9-putjie Enkel Stableford kompetisie met 23 punte, gevolg deur John Smith 21, Pieter Uys 20, Owen Huxham 20, Rodney Smith 17, Koos Myburgh 17, Timothy de Wet 17, Johan du Preez 17, Sakkie v d Merwe 15, Leon le Grange 13.

Saterdag, 21 Feb. 2026: Leon Lombaard wen die Enkel Stableford kompetisie met 38 punte, gevolg deur Pieter Loubser 37, Hendry van Appeldoorn 36, Jason Pretorius 32, H Jedeikin 32, Johan Coetzee 31, Pieter Kruger 31. Naaste aan pen No.2: Athol Kent (rooi bof) en JP Laubscher (geel bof), Spog Twee: J Braithwaite (No.15) en Theuns van Schoor (No.11).
Volgende naweek is dit die Klubkampioenskappe: Vrydag, 27 Feb. (18) en Saterdag, 28 Feb. (18 + 36). Die formaat is ‘n Houespel.










