Golf Competition Results for 15 - 18 April 2026
Woensdag, 15 April: Cobus Dippenaar wen die Enkel Stableford-sloegterskompetisie met 42 punte, gevolg deur Cecil Galloway 39, Berty Sassman 35, Joe Cesare 35, Marietjie de Villiers 34, Hugo Groenewald 32, Dirk van Dyk 31, Rene Myburgh 31, Adriaan Kloppers 30, JP Laubscher 30. Spog Twee’s: Mike Germishuys (2), JP Laubscher (11).

Donderdag, 16 April: Overberg SAGES het op Gansbaai gespeel teen Langeberg SAGES. Overberg wen met 38.1 teen Langebarg se 36.5. Die wenners was: Christo Spanellis/Peet Pretorius 46. 54 spelers het deelgeneem: Gansbaai 15, Bredasdorp 8, Caledon 3, Hermanus 1, Kleinmond 11, Langeberg 16.

Vrydag 17 & Saterdag 18 geen gholf as gevolg van die weer.
Liga - Saterdag, 18: Die Baklei Liga het op Bonnievale Gholfklub gespeel teen Montagu, en wen 2/1. Veels geluk aan die Baklei Liga Span. Die span was: Bertie Laubscher (Kaptein), Jacques Louw, Gavin Flint, Stephen Jackson, Hugo Groenewald en Andrew Dalgleish.
Saterdag, 25 April: Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.









