Golf Competition Results for 2 - 5 Sep 2026
Woensdag, 2 Sep.: Dirk van Dyk wen die Enkel Stableford Sloegterskompetisie met 39 punte, gevolg deur Bev Swart 38, Cobus Dippenaar 38, Marietjie de Villiers 37, Leon Lombaard 36, Dawie Viljoen 36, Johan Coetzee 35, Theunis van Schoor 35, Clive Bailey 35, John Wellman 33.

Vrydag, 4 Sep.: Daar was geen kompetisie nie as gevolg van die weer.
Saterdag, 5 Sep.: Jacques Louw wen die Maandelikse Houespel met 69 net, gevolg deur D Coetzee 73, Marietjie de Villiers 75, Joe Cesare 75, Dirk van Dyk 76, Cobus Dippenaar 79, Johan Coetzee 80, Rene Myburgh 80 Bertie Laubscher 86, Bev Swart 88. Spog Twee’s: Cobus Dippenaar (8), Bev Swart (17).

Brodie Liga: Gansbaai Ligaspan verloor 4.5 / 1.5 teen Worcester in die kwarteindrondte op Caledon. Die span was: Pieter Loubser (Liga Kaptein), Willem Germishuys, Melvin Tobias, JP Laubscher, Daniel vd Merwe, Francois vd Merwe.

Saterdag, 12 Sep.: Kompetisie is ‘n Enkel Stableford.
Verjaarsdae: Adriaan Kloppers (14), Johan du Preez (14), Willem Germishuys (15), Louis Engelbrecht (16).









