Gesamentlike Nagmaal

Gesamentlike Nagmaal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Oomblik kort voor die bediening van die Heilige Nagmaal tydens ‘n gesamentlike Erediens in die NG-gemeente Gansbaai

Alle streke was verteenwoordig: Gansbaai, Baardskeer-dersbos, Pearly Beach en die VGK-gemeente in Blompark. Die diens is deur ds Dirk van Dyk gelei, met sy boodskap wat op Matt 12:49/50 en Eff 2:19 gebaseer was, met Christus wat geantwoord het dat sy dissipels sy moeder, susters en broers is toe Hy gevra is wie sy moeder en sy broers is.

“Dit kom daarop neer dat almal van ons broers en susters van die huisgesin van God is,” het ds Van Dyk onder andere gesê. “Dus kan ons aan God as ‘n soort familie dink, waar die onderlinge band tussen gelowiges selfs sterker as bloed-gesinsbande is.”

Die NG Kerkkoor onder leiding van Aletta Lochner, asook die VGK kerkkoor onder leiding van Nita Faber, het die gemeente met pragtige koorsang bedien, met Annelene Reinke as begeleier agter die kerkorrel en klavier. Verversings is na afloop van die gesamentlike Erediens in die Kleinsaaltjie geniet, waar almal gesellig saamgekuier het.                             
    
Hardus Botha

Gesamentlike Nagmaal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles