Home › Cape Whale Coast › Gansbaai › Local Stories › Community

Geskiedkundige Gebeurtenis

 Geskiedkundige Gebeurtenis

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Renè Beukes en Fanie Bothma van die Gansbaai Sakekamer, Solimzi Makikane, Direkteur LED en  Santie Reyneke-Naude, Direkteur Finansies  van die Overstrand Munisipaliteit

Met die ondertekening van die  MOU (Memorandum of Understanding)  tussen Gansbaai Sakekamer en Overstrand Munisipaliteit  tydens die SKJV van 27 Augustus 2013, het Gansbaai Sakekamer  weer eens die voortou geneem deur een van die eerste sakekamers in die land te word wat so ‘n ooreenkoms met ‘n Plaaslike Owerheid onderteken het.

Volgens hierdie getekende ooreenkoms is die fokus op Gansbaai se ekonomiese groei en ontwikkeling. Daar is  verder ooreengekom om gemeenskaplike projekte te loods om nie net die besigheidsektore nie, maar ook Toerisme en Landbou in ons streek verder te bevorder. Die sosiale en ekonomiese opheffing van alle gemeenskappe sal bevorder word. Ons fokus is dus op Gansbaai en is gerig op al ons plaaslike gemeenskappe en die verskillende ekonomiese bedrywighede in ons gebied.  Die eerste vergadering wat daarna plaasgevind het, was op 14 Oktober 2013.

Hierdie eerste vergadering van die nuwe vennootskaps-ooreenkoms het werklik positiewe uitkomste gehad. Die doel was juis om uit te kom by aksieplanne en nie net nog ‘n vergadering te hou nie. Ons mense moet daadwerklik beleef dat hierdie inisiatief ‘n verskil sal maak in hulle lewens en besighede.  Die volgende twee aksies is geskeduleer:

“Participatory Methods” (Deelnemende Metodes) :  ‘n Vergadering is geskeduleer vir 29 November 2013  wat  deur die Department van  Finansies, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme aangebied  sal word en waar die Bestuurslede van die Sakekamer en Munisipaliteit se verteenwoordigers teenwoordig sal wees.  Daar sal  “brain storming” gedoen word deurdat die Departement voorleggings sal doen en dan ook verskillende opsies sal uitlig wat beskikbaar is. Voortvloeiend hieruit sal dan planne beraam word om die groei en vooruitgang van die dorp te bevorder.  Hierdie voorstelle sal dan deur die Sakekamer aan ons lede voorgelê word.

Die tweede  aksie waarop daar besluit is, is om te fokus op die “Supplier Support Programme” (Die sogenaamde “Supply Chain Management” of Voorsiening- en Verskaffingskanaal).  Geen party of besigheid  (diensverskaffer) kan met die Overstrand Munisipaliteit besigheid doen indien daar nie voldoen word aan hulle vereistes nie, sowel as dat die korrekte prosedures gevolg is en die nodige dokumente voltooi is nie. 

Hierdie dokumente sluit ook in die verskaffing van ‘n “Tax Clearance” sertifikaat wat jaarliks hernu moet word.  Ons wil ons lede aanmoedig en ondersteun om aan hierdie vereistes te voldoen sodat hulle op die Munisipaliteit se voorkeurverskafferslys kan kom en sodoende genader kan word vir besigheid.  Gansbaai Sakekamer poog om deur hierdie aksies verdere ondersteuning aan ons besighede en gemeenskappe te verleen. Saam bou ons so ‘n beter toekoms.  
   
Rene Beukes Onder-Voorsitter

 Geskiedkundige Gebeurtenis

Rene Beukes

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles