Waarom antwoord U nie Here

Waarom antwoord U nie Here

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek roep na U om hulp, maar U antwoord my nie. Hier staan ek, maar U steur U nie aan my nie.” (Job 30:20)

“Teen twaalfuur die middag het daar duisternis oor die hele land gekom en dit het tot drie-uur geduur.  Om drie-uur het Jesus hard uitgeroep: My GOD, my GOD, waarom het  U My verlaat?” (Mar 15:33,34)

Voel jy ook vandag só? Soos ‘n Job van ouds wat nie kan verstaan hoekom sy 10 kinders dood is;

hoekom moes hy al sy besittings verloor het;  en hoekom moet sy liggaam gefolter word met soveel sere en pyn nie. Hoekom bly GOD stil in tye van my diepste nood? Steur Hy Hom regtig nie aan my nie?!

In een van die Robert Coles se boeke vertel hy die ware verhaal van ‘n pa wat eenkeer in die kerk, terwyl die priester gepreek het, vorentoe gestorm het met sy klein babadogtertjie in sy hande. Hy het die priester doodgeskreeu en sy dogtertjie hoër as sy kop na die Man aan die Kruis opgelig en vol emosie en met trane geskreeu: “HERE, waarom praat U nie self met ons nie? Hoekom kom kyk U nie self hoe dit met ons gaan en hoe siek my kind is nie? Ons wil nie meer net hoor wat sê die predikers oor U nie – praat self met ons!” (Uit Migrants, Sharecroppers, Mountaineers)

In hierdie tyd van ons kerklike jaar staan ons weer rondom die Kruis van Jesus Christus stil – en dis dalk slegs hier wat ons waarlik kan verstaan waaroor dit alles gaan. Kyk op na die Kruis en sien raak dat daar ‘n Man hang wat onskuldig tot die dood gestraf word – vir geen ander rede – as vir jou en my nie! Só groot is die afstand wat ons sondes tussen ons en GOD veroorsaak het, dat die afgrond net op één manier oorbrug kon word – deur die offerdood van die Lam, Jesus Christus.  Ja, só erg was Sy pyn dat Hy in Sy diepste uur van pyn en nood ook uitgeroep het: “My GOD, my GOD, waarom het  U My verlaat?” GOD het Hom ook nie geantwoord nie – want GOD IS DIE ANTWOORD!

Soos wat Jesus in Sy volgende kruiswoord hard uitgeroep het: “Vader, in U hande gee Ek my gees oor!” (Luk. 23:46) kan ons maar gerus in ons diepste pyn en nood ons volkome oorgee aan  ons hemelse Vader, wat, al praat Hy nie, ons soos Sy Seun, deur die doodgaan dra. GOD is elke oomblik saam met jou, betrokke in jou lewe – en al kan jy Hom nie sien en hoor nie, is Hy in beheer! Gee nou weer jouself heeltemal aan Hom oor – Hy sal jou deur alles dra!

GOD IS DIE ENIGSTE ANTWOORD!

Waarom antwoord U nie Here

Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles