Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die trotse NQF 2 sertifikaatontvangers van Gansbaai Marine, met voor links  Nevill Titus (Direkteur) en Ronel Swart (Menslike Hulpbronne), asook Micheal Lolwana (Direkteur) heel regs

 “Leerlingskappe is ‘n beroepsgerigte jaarprogram by Gansbaai Marine wat uit gestruktureerde teoretiese leer en praktiese werksplekondervinding bestaan,” sê Hennie Ritter, Rekenmeester: Gansbaai Marine. “Werklose persone ontvang ‘n NQF 2 kwalifikasie na die suksesvolle voltooiing van die kurses en dit plaas hulle in ‘n gunstiger posisie om in die voedsel-vervaardigingsektor en/of visindustrie aangestel te word.”

Hierdie leerlinge verdien tot R7,500 per jaar vir teorie-klasse wat bygewoon is, asook verdere produksielone vir die praktiese ondervinding gedurende die jaar wat hulle in die Inmakery opdoen. 15 Fabriekwerknemers en 193 werklose leerders het die kursus suksesvol voltooi, met ‘n suksessyfer van 76%. Indiensneming by die fabriek beloop ±50%. FoodBev SETA is die befondser van die projek, met 1% van die totale lone en salarisse van Gansbaai Marine wat as ‘n vaardigheidsontwikkelingsheffing aan die Nasionale Vaardigheids Fonds oorbetaal word. 14 Gesaghebbende produsente, waarvan Gansbaai Marine een is, is onlangs met ‘n spesiale toekenning vereer.

Vanjaar se sertifikaatoorhandigings op 6 November is deur Nevill Titus (Direkteur), Ronel Swart (Menslike Hulpbronne), Micheal Lolwana (Direkteur) en Hennie Ritter (Rekenmeester) van Gansbaai Marine waargeneem. Die 51 studente is Afrika A, Ahrends T, Arends BW, Arendse SG, Beukes D, Block J, Bredenkamp L, Cezula N, Claassen CEG, Dindala J, Dindala MA, Dindala VS, Europa AJ, Hendricks MM, Jacobs EA, Jacobs JT, Jonga P, Julies RN, Kotsana L, Lottering AB, Malusi N, Manqola A, Mantlana ZE, Mapukata B, Maqebula N, May L, Mehlweni N, Mkumbuzi L, Mpela V, Ngcame N, Ngwe N, Nkumanda N, Nojila Z, Notyandela N, Nqashe SM, Ntsukune S, Qhezu K, Qikana Z, Qoqothekile Z, Sauls CJ, September BD, Sigwela S, Sikiti T, Swart SL, Tobias J, Tshayivithi B, Vries J, Wapi MA, Williams AP, Xovula LN en Yotsi N.

“Hierdie is ‘n jaarlikse hoogtepunt, aangesien studente met hul NQF2 sertifikate beloon word, asook ‘n R1,000 bonus ontvang, met eet- en drinkgoed na afloop van die oorhandigings,” sê Hennie.

Hardus Botha
 

Gansbaai Marine NQF 2 Sertifikate

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles