Rolbalnuus

Rolbalnuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Rolbal is 'n sport waaroor 'n persepsie bestaan dat dit 'n spel vir ou mense is. Dit is wel so dat baie ouer mense die sport beoefen, maar dit is hoegenaamd nie waar dat net ouer mense die sport speel nie.  Spelers van 12 jaar tot 25 jaar behoort aan klubs reg oor die land en speel kompeterend in onder 19 en onder 25 spanne op provinsiale vlak.  Daar teenoor is daar ook spelers van 70 en selfs 80 jaar wat aktief aan die sport deelneem.  Hulle sê dit hou hulle fiks en gesond!

Ten einde die wanpersepsies oor rolbal die nek in te slaan word elke jaar 'n asionale Bewusmakingsdag deur Rolbal Suid-Afrika gereël waaraan klubs in Suid-Afrika deelneem.  Dit neem allerhande vorms aan en is bedoel om 'n pret dag te wees waartydens rolbalspelers en lede van die publiek kan deelneem.  Terselfdertyd word geld vir liefdadigheid ingesamel en in  Franskraal se geval is dit aan die Vereniging van Gestremde Rolbalspelers geskenk.  (Ja daar is sulke spelers asook blindes, wat op Nasionale vlak kompeteer).

So 'n bewusmakingsdag was op 2 November 2013 te Franskraal Rolbalklub gehou waaraan klublede en besoekers deelgeneem het.  Besoekers is in spanne saam met ervare spelers geplaas en het dit terdeë geniet om saam te speel.  Hulle het ook uitgevind dat dit nie so maklik is om te speel soos dit wil voorkom nie.  Verder besef hulle ook dat die sosiale samesyn na die wedstryd van groot belang is om nuwe vriendskappe te vorm.

Rolbal word op Dinsdae, Woensdae en Saterdae vanaf 14h00 te Franskraal gespeel.  Daar word ook spesiale geleenthede gereël waartydens ander klubs hier kom speel.  Daar word ook sosiale geleenthede gereël en gesellig saam verkeer.  Rolbal is vir almal en rolbal is lekker!

Kom speel saam.  Bel vir Marius de Wit by 082-926 0892 vir meer besonderhede.

Pieter Conradie

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles