Leeftyd by Munisipaliteit

Leeftyd by Munisipaliteit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hantie Vermeulen van Gansbaai Munisipaliteit wat ‘n langdienstoekenning vir 30 jaar ononderbroke diens by Gansbaai Munisipaliteit ontvang het

Dit is gewis wat van Hantie Vermeulen gesê kan word: ‘n Leeftyd by Gansbaai Munisipaliteit.

‘n Langdienssertifikaat vir 30 ononder-broke diensjare by Gansbaai Munisipa-liteit is tydens ‘n Wykskomitee-vergadering vir Wyk 2 aan haar oorhandig.

“Dit dien gemeld te word dat Hantie inderwaarheid 34 diensjare by ons agter die rug het, aangesien sy vir die geboorte van haar seun bedank het,” het mnr Kat Myburgh gesê.

Hantie is oorspronklik van die Kaap, maar het na haar troue met Deon Vermeulen permanent na Gansbaai gekom. Sy het op 19 November 1979, 34 jaar gelede, as ‘n 19-jarige dametjie diens by die destydse Gansbaai Munisipaliteit aanvaar.

“Destyds was ons ‘n handjievol personeel en almal moes leer om alles te doen,” vertel sy. “Maar ek is dankbaar vir daardie ondervinding, aangesien daar bykans nie ‘n afdeling is waarvan ek nie ondervinding opgedoen het nie. Vanaf skakelborddame en kassier tot by tikwerk op outydse tikmasjiene en afrolwerk met wasvelle!” In 1981 moes sy bedank vir die geboorte van hulle seun en is daarna weer tydelik aangestel. Op 20 November 1983 is Hantie weer permanent aangestel. Sy en Deon se seun, Johan Vermeulen van D & J Vervoer, is met Lientjie getroud en Hantie is nie bietjie trots op haar eerste kleinkind, Lian, nie. Tans is Hantie rekenmeester in beheer van Gansbaai Munisipaliteit se Inkomste Afdeling.

“Al het ek soveel ander dinge in die munisipaliteit gedoen, het my groot liefde nog altyd by finansies gelê, en dan spesifiek eerder by inkomste as by uitgawes,” sê sy. “Oor al hierdie jare heen het ek só deel van my kollegas en juniors se lief en leed geword, dat dit soms soos familielede voel met wie jy werk.”

Hantie het haar belangrikste mentors oor al die jare heen uitgelig en met groot lof en waardering na hulle verwys: Johan Pieterse, Frans Stapelberg, Danie Maree en mnr Kat Myburgh.

Hardus Botha

Leeftyd by Munisipaliteit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles