Die pyl dui die verbypad agter Franskraal en Kleinbaai op die lugfoto aan.
Die nuus dat die grondpad, wat Rossouwstraat in Franskraal met die teerpad tussen Gansbaai en Kleinbaai verbind, geteer gaan word, is met groot blydskap ontvang.
Soos op die lugfoto gesien kan word sal dié verbypad, met aansluitings by Franskraal en ook by Klipfonteynafdraai, 'n besparing in afstand asook reistyd dorp toe tot gevolg hê. Die Departement van Publieke Werke en Vervoer: Wes-Kaap het pas goedkeuring verleen dat die projek kan voortgaan. Die projek sal teen 'n koste van ±R14m deur die paaie afdeling van die Overberg Distriksmunisipaliteit (wat as agent van die Departement optree ten opsigte van die instandhouding van paaie in die Overberg gebied) behartig word. Voorbereidingswerk aan die padreserwe/padskouers sou reeds in die eerste helfte van November 2013 'n aanvang geneem het maar swaar reën het dit verhoed.
"Na verwagting sal daar egter nie voor Maart 2014 met die opgradering van die padoppervlakte begin word nie en sal die pad eers dan vir verkeer gesluit word. Die pad sal na verwagting vir ongeveer 10 maande gesluit wees en die opgegradeerde (teerpad) sal waarskynlik met die aanbreek van die vakansieseisoen aan die einde van November 2014 vir verkeer oopgestel word. Hierdie is 'n projek wat reeds vir meer as 'n dekade as 'n behoefte beskou word en daar word met groot waardering en afwagting gekyk na die bevrediging van die behoefte," het mnr F Myburgh, Areabestuurder, Munisipaliteit Overstrand : Gansbaai gesê.
Francois de Jongh
Verbypad Goeie Nuus
27 December 2013Share This Post
Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...
View ProfileWhat is Xplorio?
Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read MoreOther Articles
Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK
For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom
Being comfortable with myself sets me free.
Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success
GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE!
Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property
Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.
R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders
Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.
October’s Latest Women’s Fashion Arrivals
New month, new pieces at Komtessa Boutique.











