Blog

Straatwerk Kaapstad Kuier Weer Hier

Straatwerk Kaapstad Kuier Weer Hier

Gans-Berg Nuus / News

Straatwerk Kaapstad Kuier Weer Hier

Die nie-winsgewende organisasie wat laat in die 1960’s gestig is, Straatwerk Kaapstad, het onlangs weer op uitnodiging ‘n besoek aan Gansbaai gebring. Noue samewerking bestaan tussen hulle en Bediening Missionaal van die NG-gemeente. Ds Fourie Truter, wat in beheer van Straatwerk Kaapstad is, lei normaalweg ook die Erediens tydens hy en sy eggenote, Lisa, se welwillendheidsbesoeke aan die NG-gemeente van Gansbaai.

Tydens hierdie besoek is VGK-ampsdraers genooi om die diens te kom bywoon. Die doel van die besoek was om, naas die Erediens deur ds Truter, gesellig saam in die Kleinsaaltjie te verkeer - met ‘n vleisie op die kole en slaaie op die tafels. “Hierdie manier van kontak is ook nodig vir goeie verhoudinge,” het ds Floors Avenant, voorsitter van die Bediening: Missionaal gesê. Hy het ds Truter ook ingelig oor die samevoeging/eenwording van die NG- en VG Kerke, wat lankal reeds ‘n realiteit geword het, maar in April vanjaar amptelik plaasgevind het. 

Straatwerk werk reeds jare lank daaraan om na vrouens en kinders in Kaapstad se strate wat seksueel misbruik word, uit te reik, asook om prostitusie en pornografie teen te werk. Verskeie besoeke is ook al deur die groep by Gansbaai se skole afgelê met hulle Poppie-projek waar kinders op die gevare van seksuele misbruik gewys word. Hulle oorhoofse doel is om sigbare Christelike teenwoordigheid in die middestad te bewerkstellig en wel teenoor diegene in nood en ook om hulle nood ten opsigte van voeding en klere te verlig.

Hardus Botha

Straatwerk Kaapstad Kuier Weer Hier

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Moth Sampling at Grootbos Environmental Centre

Moth Sampling at Grootbos Environmental Centre

Christopher Grinter also spent time at the Grootbos Environmental Centre this month. 

Grootbos Foundation
Learning to Set Boundaries

Learning to Set Boundaries

Are you tired of always being the one who says YES?

Guilt, People-Pleasing and Learning to Let Go

Guilt, People-Pleasing and Learning to Let Go

Guilt is a tool you use against yourself in manipulation.

Coastal Homes Need the Right Paint

Coastal Homes Need the Right Paint

Living near the coast means your home is exposed to salt in the air, moisture and wind-blown grit...

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Five-Star Review for Pearly Beach Horse Trails

Thank you for this lovely five-star review Debbie, it was great hosting you guys!

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Why You Don’t Have to Say Yes to Everyone

Always saying YES does not buy you worth.

See All Articles