Om onverhoeds betrap te word

Om onverhoeds betrap te word

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die hengelsituasie is heel eenvoudig: Kabeljou, sporadies, veral by Haaiklip (indien jy die regte tyd daar is). Galjoen ook, maar nie in oorvloed nie, en hierdie tyd van die jaar, nie veronderstel om in die beste kondisie te wees nie. Gelukkig is daar nog baie hotties, en dié is vet en reg vir die rooster. Romanne ja, so tussen-in. Ook ander bankvis en hier kom ‘n boot tot sy reg.

Die see bly maar iets om oor te wonder. Net sodra jy dink die wind gaan ‘n kalm see tot gevolg hê, is daar iets wat die water omkrap en dis moeilik om jou vinger op die oorsaak daarvan te plaas. Dan weer, wanneer jy dit die minste verwag, en met die wind wat waai dat hy klap is dit die beste seedag van die jaar!

Die hardebaarde ken die see en hulle weet ook hoe onvoorspelbaar en gevaarlik dit soms kan wees. Ek weet dat hulle sal saamstem dat daar sekere plekke is wat ekstra aandag verg en met ‘n see wat nie altyd dieselfde eienskappe toon nie, jy altyd op jou pasoppens moet wees. Indien ek net ‘n paar kan uitsonder, sal dit wees, die Birkenhead en die onmiddellike omgewing daar. Kopsteen, by De Kelders, kan vir baie lank kalm lyk, en dan onverwags vreeslik onstuimig word. ‘n Leek kan lelik in die slaggat trap deur te gou aan te neem dat die omgewing veilig is om dan skielik in ‘n lelike situasie te beland.

Die ander plek waar baie versigtig te werk gegaan moet word is digby Gansbaai- hawe. Die gedeelte oorkant die perlemoenplaas. Daar is ‘n gebied waar jy selfs op ‘n kalm dag kan waarneem hoe die branders tussen die bamboes en op die riwwe breek. Maar die gevaar hier is dat wanneer die branders vir ‘n wyle nie breek nie, jy kan aanvaar dat dit so gaan bly. Wees asb. ekstra versigtig wanneer so-iets gebeur. Ek weet van hierdie situasie en is bedag daarop. Dit is veral wanneer jy dink dat jy voorbereid is op die onverwagte dat jy in die strik kan trap. Nou die dag is ek weer herinner hieraan. Ons het die breker-situasie vermy deur op ‘n veilige afstand anker te gooi en is beloon met ‘n paar mooi visse. Mettertyd het ons gee pad na ‘n ander plek en het toe weer teruggekeer. Die gety het verander en ek het ‘n heel ruk spandeer om te sien of die water stabiel is en of ons nader aan die verwagte breker kon lê. Dit het baie belowend gelyk en ek het dit oorweeg om ‘n kans te vat. Almal behoort te weet dat jy eenvoudig nie “’n kans vat” op see nie. Ek het ook nie en het gelukkig besluit om maar veiligheidshalwe verder anker te gooi. Ons het weer begin vis vang. Die oorverdowende geraas van onstuimige branders wat breek het my aandag getrek, en waar ek gedink het dit veilig sou wees, het branders die een op die ander gebreek en weer eens is ek bewus gemaak van die reël om altyd alles om jou waar te neem en nóóit ‘n kans op see te waag nie.

Daar is natuurlik nog baie ander plekke waar jy ekstra versigtig moet wees, maar oral geld die reël hierbo. Moet nooit laat slaplê nie.

Geniet die see, Seemeeu

Om onverhoeds betrap te word

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles