Beplan Munisipalekostes

Beplan Munisipalekostes

Gansbaai Courant

Noukeurige beplanning van die benutting van voorafbetaalde elektrisiteit, water en riool kan handige besparings meebring. Hierdie inligting is voorheen al aan verbruikers oorgedra, maar soms verdwyn sulke inligting in die agterkop. Daarom is dit goed om net weer van die verskillende opsies kennis te neem.

Voorafbetaalde meter: Deposto is R400 en basiese maandelikse fooi is R220. Let op die hoeveelhede wat gekoop word: 0-350kw @ R0.9340/kw; 351-600kw @ R1.2908/kw; >600kw @ R1.5869/kw. En onthou tog maar om by die betaaldatum van munisipalerekeninge te hou. Die woord “Aux” (auxiliary) kan straks op die kragaankoopstrokie verskyn met ‘n gedeelte van die aankoopbedrag wat afgetrek word en na die munisipalerekening oorgedra word - dus is minder krag gekoop as wat beplan was.

Gewone Kredietmeter: Deposto is R3,850 en basiese maandelikse fooi is R220. Let op die hoeveelhede wat verbruik word: 0-350kw @ R1.0110/kw; 351-600kw @ R1.3698/kw; >600kw @ R1.6510/kw.

“Die munisipaliteit wil verbruikers aanmoedig om van die voorafbetaalde kragverkope metode gebruik te maak. Daarom bied dit ‘n goedkoper opsie en boonop word verbruikers toegelaat om die deposito wat hulle ten opsigte van ‘n kredietmeter mag hou, aan te wend om te vergoed vir die oorskakeling van ‘n voorafbetaalde meter waarvan die kostes tans ongeveer R3,850 beloop.” 

Water en Riool:

Sedert 1 Julie 2013 word ‘n opsie ten opsigte van riooltariewe aan verbruikers gebied, wat soos volg bereken word:

(a) Ontwikkelde eiendomme bereken teen 70% van totale maandelikse waterverbruik = R98/maand. Wanneer 50kl water gebruik is, is die riooltarief R385; 25kl @ R192.50; 15kl @ R115.50. Met hierdie opsies word die riooltenkerdiens wat aangevra word, teen geen verdere kostes gelewer.

(b) Ontwikkelde eiendom met septiese tenk @ R66/maand. In hierdie kategorie betaal die verbruiker egter ‘n bedrag van R451 per vrag ten opsigte van die tenkerdiens wat daagliks voor 15:00 (naweke en vakansiedae uitgesluit) aangevra word.

(c) Wat onontwikkelde eiendom betref word basiese fooie bereken @ R149/maand vir eiendomme wat aan ‘n rioolnetwerk aangesluit kan word en R66/maand vir eiendomme wat nie aan ‘n rioolnetwerk aangesluit kan word nie.

(d) By elkeen van bovermelde kategorieë is daar ‘n verdere bedrag van R10.94 betaalbaar as ‘n infrastruktuur heffing.

(e) ‘n Versoek om van die een opsie na die ander oorgeplaas te word, kan jaarliks slegs tussen 1 Julie en 30 September ingedien word.

Let daarop dat enige aanvraag vir die riool suigtenk ná 15:00 op weeksdae óf op vakansiedae óf oor naweke, sal teen dubbel tarief gehef word, ongeag teen watter tariefopsie die kliënt aangeslaan word.” Verbruikers word aangemoedig om ‘n besoek aan die munisipale kantore af te lê vir advies rakende die uitoefening van opsies. 

Hardus Botha

Beplan Munisipalekostes

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles