Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Solidariteit Helpende Hand, wat ‘n tak in Gansbaai het, is ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO).

“As NWO moet ons aan verskeie vereistes voldoen wat verder bemoeilik word deurdat die lede net uit vrywilligers bestaan,” sê Gansbaai-tak se voorsitter, Maretha Geldenhuys. “Top-administratiewe stelsels is van kardinale belang om die organisasie en sy lede se integriteit en geloofwaardigheid te beskerm.” Maretha sê hulle ontvang geen lotto- of regeringsfondse nie en is alleenlik op skenkersgelde aangewese. Helpende Hand se sienswyse is dat dit nie doeltreffend is om gemeenskappe slegs met behulp van toelaes en skenkings te probeer ophef nie, maar eerder “opheffing-deur-opleiding”. “Onmiddelike behoeftes soos kos en klere is wel van groot belang, maar ons betrokkenheid mag nie daar stop nie,” sê sy.

Helpende Hand is reeds in 1949 as antwoord op die armoedekrisis ná die Tweede Wêreldoorlog gestig. Fondse word bekom deur middel van 27,000 maandelikse debietroders (tans) wat aangewend word vir hulpverlening aan weerlose kinders, bejaardes, werkloses en geskendes deur projekte soos die Kosblikkie-, Bemagtig-‘n- Kind- en Oupa en Ouma- projekte.

In  2013 is 6,500 kinders met voeding en opleiding gehelp, met sowat 5,400 kinders wat voordeel uit die voedingskema ontvang het. Sowat 21,200 Gr 1 leerders het reeds by die “Skooltassie”-projek baat gevind. Met die 8ϵTAS-projek wil Helpende Hand die kritieke area van wiskunde-onderrig aanpak. Daardeur kan Gr 8 leerders vir 2 jaar ondersteuning in wiskunde en beroepsleiding ontvang. Die “Bemagtig-‘n-Kind”-projek het reeds meer as R1,15m spandeer en sowat 480 kinders het reeds in 2013 hulp ontvang. “Die doel is om kinders finansieël by te staan en skoolhoofde, onderwysers of terapeute kan leerders se behoeftes skriftelik by ons plaaslike tak aanmeld,” sê Maretha.

“Die Afrikaanse Beurs Instituut bestaan reeds 6 jaar en het in 2014 meer as R20m uitbetaal waarmee meer as 3,000 studente gehelp is.” Die Gansbaai-tak van Helpende Hand kan ondersteun word deur donasies, nie-bederfbare voedsel, klere, breekware en enige onbenutte meubels te skenk. “Dit kan by ons afgegee word, of ons sal dit by die skenkers gaan afhaal,” sê Maretha. ‘n 18A-belastingsertifikaat kan op versoek uitgereik word. “Indien daar ondersteuners is wat bereid is om ‘n debietorder van R50 per maand te voltooi, kan dit by enige bestuurslid verkry word.”

Vir enige vorm van ondersteuning, skenkings of debietorders kan Maretha Geldenhuys (voorsitter) by 082-805-3964 gekontak word, of skakel vir Melody Scheepers (tesourier) by 082-713-8880.

Hardus Botha

Solidariteit Helpende Hand in Gansbaai

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Florilegium Developing Story

Florilegium Developing Story

These images tell a story that we plan to share using botanical art.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Overstrand Tourism Diary: 22 - 27 April 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary!

Gansbaai Tourism
Gans-Berg News - 24 April 2026

Gans-Berg News - 24 April 2026

This week’s edition of Gans-Berg News brings you the stories shaping our community.

Gans-Berg Nuus / News
Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey.

BARC Animal Welfare
Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Grootbos Foundation Conservation Volunteer Experience

Volunteer Hamish Philipson has been with the Grootbos Foundation for the past two weeks to learn more about the work of the Grootbos Foundation.

Grootbos Foundation
When Inner Worth Meets Outer Reality

When Inner Worth Meets Outer Reality

It is about the gap between what we expect externally…

See All Articles