Blog

Fikses ‘Wheely’ vir Wheelie Bunch

Fikses ‘Wheely’ vir Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Fikses ‘Wheely’ vir Wheelie Bunch

Die ‘fikses’ het nou wel nie by Groeneweide regtig ‘ge-wheely’ nie - sommiges het ‘ge-sprint’, party gedraf en ander net gestap, maar alles vir dieselfde goeie doel: The Wheelie Bunch. Manie Veldman, stigter van The Wheelie Bunch, het ontspanne in sy rolstoel gesit en verduidelik waaroor alles gaan. “Dit is ons tweede byeenkoms hier by Groeneweide en ek glo dit gaan selfs meer suksesvol as Maartmaand se byeenkoms wees.” Die geleentheid is vir Disability Awareness Day gereël en is op Maandag, 16 Desember 2024 aangebied.

Eers was dit litte losmaak met rek-en-strek oefeninge, terwyl die gestremdes dié spulletjie sit en dophou het. Die dapper stappers/-drawwers het onder lekker applous vir die 5km se draf/stap weggespring as deel van hulle vrywillige deelname ten bate van The Wheelie Bunch. Ingesluit by die groep was Gans-Berg Nuus, wat ‘n hoofborg en ook ondersteuner is, se eienaar, Michelle van Zyl en Alethea Baytopp - die ander personeellid is verwagtend en kon nie stap nie, met die joernalis wat, nouja, kom ons sê maar, te besig was met onderhoude om te kon saamstap! 

Intussen het Manie en sy regterhand-eggenote, Elsie, met die beplande program aangegaan. Past Frank Janssen het die byeenkoms met gebed geopen en ook sy persoonlike getuienis gelewer. Manie het almal welkom geheet, met spesiale verwysing na die ‘spesiale’ gaste - gestremdes vir wie die dag gereël is. “Ons doelwit met vandag se byeenkoms is om vrywilliglik fondse en noodsaaklike hulpmiddels vir ons omgewing se gestremdes te bekom,” het hy gesê.

Manie het Sherene van der Merwe van iMed Africa as gasspreker genooi wat op spesifieke programme, vir onder andere gestremdes, fokus. Sy het ook die praktiese toepassing daarvan uitgelig. Sherene ‘n vrywilliger by iMed Africa, Charlotte Hutchinson, ‘n Dermatoloog van Duitsland, genooi vir ‘n aaanbieding. Charlotte het op die belangrikheid van velversorging gefokus - “’n Gesonde vel huisves ‘n gesonde liggaam!”

Navrae kan aan Manie Veldman by 078 394 8708 gerig word, of stuur ‘n epos aan manieveldman3@gmail.com.

Hardus Botha
 

Fikses ‘Wheely’ vir Wheelie Bunch

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles