Blog

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

‘n Oorsese Toutrektoernooi het uiteindelik vir Janconet Vermeulen van Gansbaai aangebreek - sy en Dewald van Heerden, Oogkundige by BiermanMalan Oogkundiges, was deel van die Suid-Afrikaanse Toutrekspanne wat op 2 September 2024 aan die ‘World Championships 2024’ deelgeneem het - die ‘Tug-of-War’ in Mannheim, Duitsland. Die spanne het ongelukkig nie goed gevaar nie, maar die ondervinding wat opgedoen is, was waardevol. Elke deelnemer het wel ‘n medalje vir bywoning ontvang.

“Dit gaan nie vir my oor wen of verloor nie,” het Janconet aan die Gans-Berg Nuus gesê. “Die ondervinding wat ek opgedoen het, beteken ongelooflik baie vir my én dit was my eerste vlug oorsee!” Sy het bygevoeg dat haar besoek aan Duitsland fantasties was, maar dat alles verskriklik duur is - “Ek was erg moeg vir kitskos en kon nie wag om weer by my ma se vleis, rys en aartappels uit te kom nie!”

Die span waarin Janconet was, was die Dames Ope span (540kg), asook die Dames Geslote span (500kg), waar hulle 10de uit 14 spanne geëindig het. Haar afrigter is Melanie Botha. Dewald, wat reeds sowat 4 jaar ‘n Suid-Afrikaanse Toutrekskeidsregter is, was by die Senior Gemengde span (580kg) ingesluit, asook die Senior Mans Geslote span (680kg). In eersgenoemde geval het hulle 10de uit 18 spanne geëindig en in die volgende 9de uit 12 spanne.

Ter inligting, die volgende: daar is 8 lede in ‘n span en die gesamentlike gewig van die spanlede is die gewig waarna daar in die kategorieë verwys word. Alle medaljes, WP-kleure en Protea-kleure wat verwerf word, word in spanverband gewen en nie as individuele lede nie. Die hoofkategorieë is die Ope (Opens) kompetisies waaraan enige toutrekklub kan deelneem, terwyl die Geslote (Closed) kompetisies is waar lande Nasionaal teen mekaar deelneem. 

Intussen is hierdie jonge dame steeds baie lief vir haar eie Hardley Davidson Street 750, waarmee sy vanjaar weer aan die Motorfiets Toy Run deelgeneem het. “Baie dankie vir wonderlike ondersteuning en donasies deur die gemeenskap, aangesien deelnemers uit eie sak so ‘n toer moet aanpak,” het Janconet gesê. “Ek het groot waardering daarvoor!”

Hardus Botha

Janconet Vermeulen se 1ste oorsese Toutrektoernooi

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles