Blog

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gans-Berg Nuus / News

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gansbaai Wynproegilde se afsluitings-wynproe op Dinsdag, 19 November 2024 in die Great White House restaurant, het met die gilde se Algemene Jaarvergadering gepaard gegaan. Voorsitter Japie Spies het sy Jaarverslag aan die lede voorgehou - ‘n suksesverhaal van voor tot agter, met dank en waardering teenoor Japie vir die passie waarmee hy die leiding geneem het. Marmara de Klerk het oor administratiewe sake terugvoering gegee en Nelleke Ferreira oor die finansies - met groot waardering ook teenoor hulle vir hulle nougesette werk. Die bestaande Bestuur is sonder wysigings eenparig herkies, met elkeen wat ‘n geskenk as blyk van waardering ontvang het.

Stettyn Familie Wynkelder se aanbieders, Annelien Laubser en Mekyla Scholtz, het die aanbieding waargeneem. Dit was Annelien se 3de agtereenvolgende Jaarafsluitingsfunksie waar sy die aanbieder was, met Japie wat haar as ‘n “aanbieder en gasvrou van formaat, hardwerkend en ‘n Buzzy Body” beskryf het. Sy het intussen na Mosselbaai verhuis waar sy die Hoof van Verkope en Logistiek is. Mekyla is Stettyn Wynkelder se ambassadeur en het “tussen Du Toitskloof se wingerde” grootgeword. Die byeenkoms is informeel en gesellig aangebied, sonder formele evaluering van wyne - net met besprekings van die proewyne. “Vanaand drink ons net lekker wyne en verkeer gesellig saam,” het Annalien gesê.

Stettyn se proewyne:

Verwelkomingswyn - Babelki Sparkling Rose Brut, gevolg deur Sauvignon Blanc (2024); Chenin Blanc (2024); Chardonnay Pinot Noir (2024); Pinotage (2023); Cabernet Sauvignon (2023); Shiraz (2023); Guardian (2022 - versnit Shiraz & Cabernet Sauvignon). Die gekroonde ‘Wyn van die Aand’ was Stettyn se Sauvignon Blanc (2024).

Sjef Chris Pead se spyskaart het, soos gewoonlik, nie tekort geskied nie, asook nie die puik bediening deur die span kelners: Voorgereg - Phyllo Parcels; Hoofgereg - Chargrilled Sirloin; Nagereg - Strawberry Baked Alaska.

Dit was ‘n gesellige, saamkuieraand, met 2025 se wynproedatums wat voorgestel en goedgekeur is vir nog ‘n wynproegilde jaar om na uit te sien.

Hardus Botha

Gansbaai Wynproegilde - Stettyn Wynkelder se ‘Top-wyne’

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

6 Days to Christmas: It is Your Day - Your family

Give every family permission to enjoy the day or morning with their respective families.

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

5 Days to Christmas: A Mini Thanksgiving

As you sit around the fire tonight, or the dining table, take some time to recall the family.

Pearly Beach Holiday Waste Collection

Pearly Beach Holiday Waste Collection

The Pearly Beach Drop-off will be open for four Wednesdays, namely 17, 24 and 31 December, as well as 7 January. 

Holiday Fun at Masakhane Hub

Holiday Fun at Masakhane Hub

The Masakhane Hub has been filled with colour, creativity and laughter this week...

Grootbos Foundation
Transform Your Home for the Holidays

Transform Your Home for the Holidays

Wilkoo Marketing Paint Distributors stocks Prominent Paints SA.

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Doggobone Bone Broth for Dogs and Cats

Give your dog or cat the natural boost they deserve!

The Pet Grocer
See All Articles