The Masked Spa Se Verjaarsdag

The Masked Spa Se Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Image

The Masked Spa Se Verjaarsdag

In 2023, aan die begin van Desembermaand, het verbygangers se koppe behoorlik in die rigting van Hoofstraat 30 gedraai - watse spa-gedoente is dit hierdie, nogal in Gansbaai se Hoofstraat? Menings het vinnig verander ná die amptelike opening van The Masked Spa deur Chris en Wimpie Daubert as eienaars en Hester Hoon as Bestuurder. 

Chris en Wimpie het toe al geglo dat hulle met professionele dienste ‘n aanwins vir Gansbaai sal en kan wees - en dít is vinnig deur hulle bewys. Terselfdertyd het hulle vanjaar ook weer gesorg dat hulle woonhuis in Hoofweg, De Kelders soos ‘n ‘Sprokiesdorpie’ op sy eie lyk soos dit met Kersliggies opgemaak is.

Tydens Gans-Berg Nuus se besoek aan The Masked Spa op hul 1ste verjaarsdag, was hulle getroue en bekwame ambassadeur en jarelange vriendin, Lizz Meiring, ook daar - met Gans-Berg Nuus se joernalis wat, net soos die vorige keer, met drukkies (lekker!) begroet is! Smaaklike ‘cub cakes’ is gratis uitgedeel, met ‘n gazibo voor die gebou wat pragtig opgemaak is - niemand kon dit miskyk nie.

Lizz, ‘n bekwame joernalis, TV-aanbieder, toneelspeler en baie meer bekwaamhede, het summier en spontaan aangebied om sommer net daar, in die verjaarsdag-gazibo en sommer op haar foon, ‘n gratis artikel vir die Gans-Berg Nuus te skryf, wat ‘n halfuur later ontvang is - dankie, Lizz, waardeer!

Hardus Botha 

Artikel vir Gans-Berg Nuus

(Lizz Meiring) 

‘n Jaar gelede is The Masked Spa in Gansbaai geopen. Chris en Wimpie Daubert het voorheen in Gauteng ‘n baie suksesvolle Spa bedryf. Nadat hulle besluit het om Gansbaai toe te verhuis, was die besluit om hier ‘n Spa te vestig voor die hand liggend. The Masked Spa ontleen sy naam aan die prinsiep dat kliënte hier hul allerdaagse “maskers” kan afhaal en net hulself kan wees.

Binne ‘n jaar het hierdie Spa ‘n ongelooflike reputasie opgebou onder beide plaaslike en internasionale kliënte. Die wye verskeidenheid van behandelings (sommiges uniek tot die Spa), die kwaliteit diens van die terapeute en die rustige atmosfeer sorg vir vele gereelde kliënte.

Nie net is die Dauberts suksesvolle besigheids-eienaars nie, maar hulle het ook vinnig geliefde inwoners en bydraers tot die gemeenskap geword. Besoek gerus The Masked Spa by Hoofstraat 30, Gansbaai en vir besprekings skakel of whatsapp na 021 773 0867 of stuur ‘n epos aan spa@themasked.co.za. (Webwerf is themasked.co.za)

The Masked Spa Se Verjaarsdag

Gans-Berg Nuus / News

Gans-Berg Nuus / News is a weekly bilingual community newspaper serving Gansbaai and the surrounding Overstrand areas. Alternating between Afrikaans and English on the front page, it provides current local news, municipal updates, business advertising, and general items of interest. Businesses and p...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Where Sport Changes Lives

Where Sport Changes Lives

For our sports lovers: Grootbos Foundation coaches believe in the benefits of sports and physical activity for children.

Grootbos Foundation
Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Book Launch by Natalie-Dominique Louw

Join us for a special book launch on 18 April at 10:00.

Rescue on the Move

Rescue on the Move

Every rescue begins with a journey. Right now, BARC’s vehicle is no longer reliable...

BARC Animal Welfare
Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

Daily Blog: 24 March 2026 | Shark Cage Diving in South Africa

A late morning departure from Kleinbaai Harbour, with high spirits and good conditions. 

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Why Roadkill Is Increasing on the R43 (Stanford to Gansbaai)

Have you noticed an increase in roadkill on the R43 between Stanford and Gansbaai since the summer fire season? 

Grootbos Foundation
See All Articles